Wen: Dan Patlansky in die Rockwood-teater

dan-patlansky-album.jpgDan Patlansky se jongste album, Perfection Kills, is in Februarie uitgereik. Dié album volg op sy 2016-album, Introvertigo, wat deur die Blues Rock Review in die VSA as beste blues-rockalbum van die jaar aangewys is.

Perfection Kills is opgeneem by Scherzo Productions in Pretoria, Patlansky se tuisdorp. Hy het Scherzo gekies omdat hy wou hê die klank in dié album moet verskil van dié van die vorige twee albums en hy gevoel het Scherzo deel sy visie vir dié jongste album.

Die musiek is deur Jaco Naudé opgeneem, terwyl Stefan Swart die vermenging behartig het. Pete Lyman van Infrasonic Mastering in die VSA het ook aan die vermenging van die album gewerk.

Patlansky het self die vervaardiging behartig. “Ek het dit lanklaas self gedoen,” het hy luidens ʼn persverklaring laat hoor. “Ek het soveel geleer toe ek saam met Theo Crous, wat my vorige twee albums vervaardig het, gewerk het.”

Hy sê die klank en die eerlikheid van die liedjies is wat Perfection Kills anders maak as sy vorige albums. “Ek wou graag die liedjies só opneem dat dit baie naby aan ʼn regstreekse weergawe klink.”

Patlansky het sedert 2016 aan dié album gewerk. “Nadat ons die liedjies geskryf en ʼn paar idees rondgegooi het, het die uiteindelike opname ongeveer twee weke geduur.”

Patlansky glo heelhartig in die konsep soos vervat in die titel: “In enige kunsvorm bestaan perfeksie nie, omdat daar geen maatstaf is waaraan jy dit kan meet nie. Die strewe na perfeksie rig op die einde van die dag meer skade aan as wat dit goed doen. Dit is die kopskuif wat ek gemaak het tydens die produksie van hierdie album – hoekom probeer om perfek te wees?”

Só lyk Patlansky se voorlopige toerdatums:

Sondag 25 Maart 2018

Kirstenbosch Summer Sunset Concerts, Kaapstad

Saam met Albert Frost

Dinsdag 27 Maart 2018

Rockwood-teater, Pretoria

Vrydag 30 Maart 2018

Rivonia Barnyard-teater, Johannesburg

Sondag 1 April 2018

Splash Festival, Port Elizabeth

Saterdag 7 Maart 2018

Rockwood-teater, Sibaya Casino and Entertainment Kingdom, Durban

Saterdag 14 April 2018

Rio Hotel Casino Convention Resort, Klerksdorp

Donderdag 19 April 2018

The Occidental Bar, Kimberley

Vrydag 20 April 2018

Aasvoëlklub, Bloemfontein

Saterdag 21 April 2018

Woodstock Pub, Welkom

Saterdag 28 April 2018

Misty Waters Music Festival, Secunda

Saterdag 30 April 2018

Innibos Fees, Mbombela

WEN: Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die bekendstelling van die album Perfection Kills by die Rockwood-teater in Pretoria op Dinsdag 27 Maart. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: By watter ateljee is die album opgeneem? Die kompetisie sluit op Vrydag 23 Maart. Die wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.