Wen: Dan Patlansky rock saam met die klawers in Pretoria

Die kitaarghuru Dan Patlansky is eersdaags in Pretoria te sien met sy splinternuwe vertoning, Duo Electric.

Dié kitaarspeler, wat in 2018 deur Total Guitar and Musicradar aangewys is as die 9de beste blues-kitaarspeler ter wêreld, is Vrydag by Café Barcelona in Pretoria te sien. Hy word vir die eerste keer op toer deur ʼn klawerbordspeler vergesel.

Patlansky se jongste album, Perfection Kills, is aangewys as die tweede beste blues rock-album vir 2018 deur die Blues Rock Review USA.

“Ek lewer al akoestiese solovertonings tussendeur toere so lank as wat ek kan onthou en het gevoel dit is tyd vir ʼn verandering,” sê Patlansky.

“Hierdie keer is ek op elektriese kitaar saam met ʼn klawerbord. ʼn Goeie klawerbordspeler kan baie dinge vermag en klawers maak ʼn groot deel uit van my visie vir hierdie toer.”

Patlansky sal liedjies kies wat spesifiek die formaat van die vertoning pas en sy repertoire sal bestaan uit snitte van sy vorige drie albums. Hy voer ook ʼn paar ander verrassings in die mou.

Hy is Vrydag 22 Februarie om 20:00 te sien by Café Barcelona in Colbyn, Pretoria. Kaartjies kos R165 en is beskikbaar by 012 430 2495 of [email protected].

Wen

Twee gelukkige lesers het die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na Dan Patlansky se Duo Electric-vertoning Vrydag 22 Februarie om 20:00 by Café Barcelona in Pretoria. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit Donderdag 21 Februarie om 08:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.