Wen: Dias-somerfees in Mosselbaai is om die draai

Die Dias Summer Festival vind vanjaar vir die eerste keer van 17 Desember 2021 tot 1 Januarie 2022 op die parkeerterrein van die Diaz-hotel, met sy ongelooflike seeuitsig, in Mosselbaai plaas.

Die fees sal sorg vir vermaak deur kunstenaars soos Demi Lee Moore, Riaan Benadé, Elandré, Bernice West, Early B, Jack Parow, Sunset Sweatshop, Loufi en Biggy.

Die Dias Summer Festival word met trots aangebied deur SA Concerts en feesgangers kan ook uitsien na verskeie stalletjies wat gaan sorg vir heerlike kos, drankies en ougat Kersgeskenke.

SA Concerts is alombekend vir sy suksesvolle feeste en besit altesaam 23 van sy eie feeste, soos Rocking Stellies, Rocking Potch en Rocking Stilbaai, en bestuur ook altesaam 52 feeste.

“Ons sien so uit na die fees, want ons was vir hopeloos te lank sonder die musiek wat so sterk deur ons are vloei. SA Concerts beloof om dié een ʼn gróót een te maak,” sê Eduard Hugo, eienaar en woordvoerder van SA Concerts.

“Die hele musiek- en vermaakbedryf is deur die pandemie geruk. Ons bied hierdie fees aan om die musiekbedryf weer stadig maar seker terug op sy voete te bring.”

Op 1 Januarie 2022 eindig die fees op ʼn baie hoë noot met ʼn geestelike diens getiteld “Jou nuwe begin”, wat deur pastoor Johandré Potgieter aangebied gaan word.

Potgieter gaan in samewerking met SA Concerts ook ʼn projek genaamd “Vir My Volk” van stapel stuur om geldelike hulp aan die gemeenskap te bied. Daar gaan verskeie opsies rondom die feesterrein beskikbaar gestel word waar mense skenkings vir dié projek kan gee.

Die borge wat help om die Dias Summer Festival moontlik te maak, is Castle Lite, Russian Bear Vodka, Strettons Gin, José Cuervo, The Sign Lab, VTS Communications, Bons Mosselbaai, Stat Warehouse en ACPO.

“Ons verdien almal ʼn blaaskans en wat is beter as see, musiek en ʼn egte feesatmosfeer soos in die goeie ou dae?” meen Talana Kuhn, woordvoerder van die Dias Summer Festival.

Alle Covid-19-regulasies sal streng gevolg word. Temperature sal by die ingange gemeet word en ʼn maatskappy is aangestel om die sanitering van die terrein asook vir feesgangers te hanteer.

Ná elke vertoning gaan die feesterrein gesaniteer word om seker te maak al die feesgangers is te alle tye beskerm. Maskers moet ook te alle tye gedurende die fees gedra word.

Enige feesnavrae kan gerig word aan: [email protected]. Kaartjies kos R99 per persoon per dag en kan hier gekoop word.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Dias Summer Festival in Mosselbaai op Vrydag 17 Desember. Beantwoord die vraag korrek en staan die kans om te wen. Die kompetisie sluit om middernag op Donderdag 9 Desember. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Vyf deelnemers word lukraak as wenners aangewys.
  • Die organiseerders sal die kaartjies direk per e-pos na die wenners toe stuur en alle verdere navrae hanteer.
  • Elke wenner ontvang ʼn dubbelkaartjie om die Dias Summer Festival in Mosselbaai op Vrydag 17 Desember 2021 by te woon.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Wenners is self verantwoordelik vir enige koste om die geleentheid by te woon, soos reis, verblyf, etes en drinkgoed.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Maroela Media mag met deelnemers kontak maak vir vrywillige ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.