Wen: Die opera ‘Norma’ by die Brooklyn-teater

Die Brooklyn-teater se salon-ensemble is vandeesmaand te sien in die opera Norma.

Norma is ’n liriese tragedie en terselfdertyd ʼn baie goeie voorbeeld van die bel canto-genre. Dié opera het met reg beroemdheid verwerf vanweë “Casta Diva”, die gebed vir die sopraan, wat deur kunstenaars soos Callas, Sutherland en Montserrat Caballé gesing is.

Ná Salonmusiek se baie suksesvolle aanbiedings van ander bel canto-operas soos Rigoletto (Verdi), Don Pasquale (Donizetti), Martha (Flotow), La Fille du Regiment (Donizetti), Lucia di Lammermoor (Donizetti) en La Traviata (Verdi), kondig ons met trots ons eerste produksie van Bellini se Norma aan.

Die Brooklyn-teater se diva, Ilze Coetzee, wat verskeie van die hoofrolle in bogenoemde operas gesing het, sal in die titelrol as Norma optree. Die Italiaanse tenoor, Filippo Adami wat van Florence afkomstig is, vertolk die rol van Pollione. Ilze en Filippo se uitsonderlike optredes verlede jaar in La Traviata van Verdi in die Brooklyn-teater het gehore aan die gons gehad.

Die rol van Adalgisa sal in hierdie opvoering deur Ané Pretorius vertolk word. Ané het aan die Universiteit van Kaapstad se Operaskool ʼn graad verwerf en haar uitnemende vertolking van Aspoestertjie in Rossini se La Cenerentola verlede jaar in Kaapstad was ’n kragtoer.

Die bas Thomas Mohlamme vertolk die rol van Oroveso. Ná sy optredes vir Kaapstad Opera in 2017 het hy die rol van Sarasto in Die Towerfluit (Mozart) vir Salonmusiek by die Brooklynteater meesterlik vertolk.

Die opera sal in Italiaans gesing word met Engelse subtitels.

Die vertoning word op 20, 22, 24, 28 en 29 Julie by die Brooklyn-teater in Pretoria uitgevoer. Kaartjies kos tussen R170 en R350 en is beskikbaar by die teater.

Wen

Ses gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die vertoning op Vrydag 20 Julie om 19:00. Die uitvoering vind by die Brooklyn-teater in Pretoria plaas. Die kompetisie sluit Maandag 16 Julie om 09:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alwyn burger ·

Die Sweedse ammunisiemaatskappy Norma ,het hul naam ontleen van diè opera.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.