Hierdie kompetisie is gesluit. Die musiekgroep Kaleidoskoop is op 14 Februarie om 19:00 by die Aula Teater in Pretoria te sien. As jy nog nie planne vir Valentynsdag het nie, is dié geleentheid perfek .
Twee gelukkige Maroela Media-lesers kan in aanmerking kom om ʼn dubbelkaartjie na dié geleentheid te wen.
Al wat jy hoef te doen, is om vir ons te laat weet watter liedjie van Kaleidoskoop jou gunsteling is. Stuur jou antwoord met jou naam, kontakbesonderhede en adres teen Donderdag, 12 Februarie om 12:00 na [email protected] met “Kaleidoskoop” in die onderwerpveld.
Let asseblief daarop die prys nie reis- en verblyfkostes insluit nie.
Kaartjies vir die geleentheid is ook hier beskikbaar tussen R80 en R120 per persoon.
Maroela Media het verlede jaar met dié musiekgroep gesels oor hulle album en DVD Acoustic Covers.