Wen dubbelkaartjies na Kaleidoskoop

Jouba en Anique Jordaan van die musiekgroep Kaleidoskoop. Foto: Verskaf

Jouba en Anique Jordaan van die musiekgroep Kaleidoskoop. Foto: Verskaf

Hierdie kompetisie is gesluit. Die musiekgroep Kaleidoskoop  is op 14 Februarie om 19:00 by die Aula Teater in Pretoria te sien. As jy nog nie planne vir Valentynsdag het nie, is dié geleentheid perfek .

Twee gelukkige Maroela Media-lesers kan in aanmerking kom om ʼn dubbelkaartjie na dié geleentheid te wen.

Al wat jy hoef te doen, is om vir ons te laat weet watter liedjie van Kaleidoskoop jou gunsteling is. Stuur jou antwoord met jou naam, kontakbesonderhede en adres teen Donderdag, 12 Februarie om 12:00 na [email protected] met “Kaleidoskoop” in die onderwerpveld.

Let asseblief daarop die prys nie reis- en verblyfkostes insluit nie.

Kaartjies vir die geleentheid is ook hier beskikbaar tussen R80 en R120 per persoon.

Maroela Media het verlede jaar met dié musiekgroep gesels oor hulle album en DVD Acoustic Covers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.