Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Adam en Robbie Wessels is op 20 Mei by Emperors Palace te sien in die Gaan vir Goud-musiekkonsert.
Die sangers gaan hul groot treffers by dié geleentheid sing wat beloof om ʼn gróót partytjie te wees.
Andi Shaughnessy, Emperors Palace se vermaaklikheids-bestuurder, sê dié konsert gaan ʼn hoogtepunt op vanjaar se Afrikaanse musiekkalender wees.
“Ons sien baie daarna uit om die gasheer vir dié konsert te wees, veral omdat daar so baie talentvolle sangers daarby betrokke is,” sê sy.
Kaartjies kos R140 per persoon by Computicket of op die Emperors Palace-webwerf gekoop word.
Vir meer inligting, kontak die kantoor op 011 928 1297/1213.
WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na die Gaan vir Goud-konsert by Emperors Palace wen. Om in te skryf, stuur jou naam, kontaknommer, en jou antwoord op die volgende vraag, na [email protected]: Noem twee van die kunstenaars wat by die konsert betrokke gaan wees. Die kompetisie sluit 15 Mei. Wenners word per e-pos in kennis gestel.