Wen: Helene Fischer se Kersalbum

Dit is nie vreemd dat ’n Kersliedjie die titelhouer is van die Guinness Book of World Records se gewildste enkelsnitverkoper ooit nie. Daar is iets universeels omtrent Kersmusiek, wat dit regkry om die eindjaarmalligheid tot stilstand te bring en mense te herinner waaroor hierdie tyd regtig gaan.

Vanjaar is die album wat die Suid-Afrikaanse Kersfeesgees gaan verkwik beslis die Duitse ster Helene Fischer se Merry Christmas, wat saam met The Royal Philharmonic-orkes opgeneem is.

Sy word beskou as een van Europa se mees suksesvolle vermaaklikheidsterre – met 112 platinum- en meer as 50 goue toekennings agter haar naam. Die ster het bekendheid verwerf as die Schlager-koningin en het begin naam maak nadat haar eerste ateljee-album in 2006 die lig gesien het.

Sedertdien het sy verskeie treffers in Duitsland, Oostenryk en Switserland opgelewer, totdat Farbenspiel in 2013 een van die mees suksesvolle albums in dié genre in die Duitse musiekgeskiedenis geword het. Dit het gelei tot nog hoogtepunte in haar loopbaan.

Hoewel Fischer bekend is as popster – wat gereeld skouspelagtige verhoogvertonings doen – sal haar Kersliedvrystelling, Merry Christmas, aanhangers in vervoering hê. Dit is oorspronklik in 2015 uitgereik en meer as 1,1 miljoen eenhede is verkoop binne die eerste vier weke nadat dit vrygestel is. Die album was ook gedurende daardie tyd Universal Music Germany se sesde beste verkoper vir die jaar.

Helene Fischer. (Foto: Facebook)

Helene Fischer. (Foto: Facebook)

Merry Christmas bied 21 van die bekendste Kersliedjies ter wêreld en gaan nou ook te koop wees in Suid-Afrika. Fischer se stem, gekombineer met The Royal Philharmonic-orkes, en die talent van vervaardiger Alex Christensen, het gelei tot die ontstaan van ’n album met ’n feestelike, sielvolle klank.

Op die album pak Fischer en The Royal Philharmonic-orkes ’n reeks verskillende style aan, van opgewekte weergawes van gewilde internasionale Kersliedere tot asemrowende verwerkings van klassieke gunstelinge soos “Stille Nag”, “Ave Maria”, “Little Drummer Boy” en vele meer.

Die nuwe album sluit duette in saam met groot name soos Frank Sinatra (“Have Yourself a Merry Little Christmas”) en Bing Crosby (“White Christmas”), asook Ricky Martin (“Last Christmas”) en Plácido Domingo (“What Child Is This”).

Om te verseker dat dié nuwe vrystelling van internasionale gehalte is, het vervaardiger Alex Christensen ’n versameling van die wêreld se gewildste musiek – deur van die talentvolste musikante – gekombineer, waaronder die werk van dirigente soos Paul Bateman en Richard Balcombe, asook bekroonde musieksamestellers Cliff Masterson, Chris Walden en Steve Sidwell.

“Dit was opwindend om saam met Alex, ’n vervaardiger wat al betrokke was by verskeie Grammy-benoemde produsies, te werk. Hoewel hulle nie meer met ons is nie, was dit ’n geweldige groot eer om saam met legendes soos Bing Crosby en Frank Sinatra te kon sing,” het Fischer oor die ervaring daarvan om die album saam te stel, verklap.

“Ek is geseënd met ’n suksesvolle Europese loopbaan en sien daarna uit om my musiek met verskeie nuwe gehore te deel, waarvan Suid-Afrika een is. Ek hoop dat luisteraars die liedjies soveel sal geniet as wat ek dit geniet het om die album saam te stel en dat hulle ’n feestelike Kersfees sal hê.”

Merry Christmas is digitaal beskikbaar op iTunes en Amazon.

Wen

Vyf gelukkige lesers het elkeen die kans om ʼn Merry Christmas-album te wen. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit Maandag 10 Desember om 09:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Merkur ·

Is dit bekend dat Helene Fischer op Instagram haar ondersteuning publiek gemaak het vir ´n sogenaamde konsert teen „regs“? #wirsindmehr

In hierdie weersinswekkende en walglike konsert deur linksradikale bands word geweld aan bv die polisie en joernaliste verheerlik. Sowel seksuele geweld aan ´n konserwatiewe uitgewer en joernalis namens Eva Herman, asook geweld aan swanger vrouens wat tot ´n doodgeboort tot gevolg het word geselebreer en verheerlik.
Helene Fischer is ´n meeloper en sisteemling wat skynbaar bereid is om met einige stroom te swem solank dit vir haar finansiële voordele bring.

Terloops, die Duitse President Frank-Walter Steinmeier en ander „hoë“ politici en basies die hele establishment het ook ondersteuning publiek gemaak vir hierdie konsert.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.