[WEN] ‘Houtkruis’-musiekblyspel terug op die planke

Rouel-Beukes

Rouel Beukes. Foto: Verskaf

Die immergewilde musiekblyspel Houtkruis is eersdaags weer op die planke te sien by die Choose Life-kerk in Moreletapark, Pretoria.

Vanaf 3 tot 5 November herleef dié blyspel weer, tien jaar nadat dit vir die eerste keer gehore op hul voete gehad het. Die produksie keer terug vir slegs vier vertonings as deel van die historiese viering van die 500 jaar van die Reformasie.

Die hoofrolle word onderskeidelik vertolk deur Jannie Moolman (Biskop Lodewijk Festus), Rouel Beukes (Kardinaal), Marno van der Merwe (Monnik Philip Taylor), en Zita Pretorius (Katarina). Edrien Erasmus vertolk die rol van Anna en Pieter Smith is te sien as die Doemprofeet Stiffel.

Gehore kan uitsien na ou gospel-treffers soos ‘Die Via Dolorosa’, ‘Hierdie Kind’, ‘Eli Lama Sabagtani’, Koos du Plessis se ‘Gebed’, en natuurlik die alombekende ‘Houtkruis’, wat meesterlik verwerk is deur Matthys Maree.

Die verhaal speel in 1522 af op die Duitse platteland, en is geïnspireer deur historiese gebeure tydens die Reformasie. Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker. Tussen gewelddadige oproerings stel ’n jong monnik sy lewe in gevaar wanneer hy verkondig dat hy Luther glo. Terselfdertyd verweef twee passievolle liefdesverhale hul pad deur verraad en vergifnis, om nuwe betekenis te gee aan liefde, en ’n nuwe diepte aan geloof.

Renier Keyser van Add-Life Productions is die skrywer en regisseur van Houtkruis.

Vertonings word op Vrydag 3 November om 19:30, Saterdag 4 November om 11:00 en 15:00, en Sondag 5 November om 15:00 aangebied. Kaartjies is beskikbaar teen R120, R160 of R200 by iTickets of deur 086 100 0291 te skakel.

WEN: Twee lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen na die openingsaand van Houtkruis op Vrydag 3 November by die Choose Life-kerk in Moreletapark, Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wie vertolk die rol van Kardinaal? Die kompetisie sluit Dinsdag 31 Oktober. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neels Malan ·

Houtkruis is ‘n pragtige, Christelike musiekblyspel. Ek en my vrou het die DVD. Dit is een van ons kosbaarste musiek-besittings! Ons beveel Houtkruis sterk aan vir jongmense of enige gelowige wat sy geloofsafkoms (die Hervorming) beter wil verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.