Wen: Jak de Priester in Die Blou Hond-teater

Jak de Priester Foto: Maroela Media

Die Afrikaanse sanger Jak de Priester het in samewerking met Die Blou Hond-teater in Pretoria en die Caring Daisies-liefdadigheidsorganisasie ’n nuwe geldinsamelingsinisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”, van stapel gestuur.

De Priester bied ʼn reeks van ses eksklusiewe konserte aan wat van 12 tot 17 Desember in Die Blou Hond-teater sal plaasvind.

“Die doel van hierdie konserte is om ’n jaarlikse instelling te vestig en op dié manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring,” sê De Priester. “Dit behels ʼn week van liefdadigheid. Hierdie jaar is diere ons oogmerk en ons samel dierekos in vir die honderde honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom.”

Treffers uit sy loopbaan van die afgelope 15 jaar word aangebied en teatergangers kan uitsien na ʼn lied of twee uit sy “De Priester en een kerkorrel”-konsert sowel as treffers soos “Sally Williams-nougat”, Kersliedere en selfs ʼn bietjie komedie.

De Priester sê dat hulle hierdie inisiatief graag ʼn jaarlikse instelling wil maak en daarvoor die ondersteuning van die publiek nodig het. “Daar is ses aande met 170 sitplekke beskikbaar per aand. Ons wil die publiek nooi om ʼn tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen beperking nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ʼn bydrae in die vorm van komberse, blikkieskos en/of ʼn sak kos wat ons onder die geel Kersboom gaan plaas.”

Kaartjies kos R330 per persoon en sluit ʼn buffet-ete en nagereghappies in. Vir besprekings skakel Die Blou Hond-teater by 012 348 8820.

WEN: Een gelukkige leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na Jak de Priester se vertoning van “Geel jou hart vir liefde” in die week van 12 tot 17 Desember by Die Blou Hond-teater in Pretoria. Die Blou Hond-teater sal die wenner kontak om die datum te bevestig. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Hoeveel sitplekke is per aand beskikbaar? Die kompetisie sluit Vrydag 8 Desember. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

Kyk hier na ‘n video waar Jak met sy dogtertjie, Mija, gesels oor “Geel jou hart vir liefde”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.