[Wen] Jannie du Toit in nuwe produksie by Brooklyn Teater

Jannie du Toit, Coenraad Rall en Susan Mouton (Foto: Verskaf)

Jannie du Toit, Coenraad Rall en Susan Mouton (Foto: Verskaf)

Jannie du Toit se nuwe verhoogproduksie, Bonjour Monsieur Brel, word op 8 September by die Brooklyn Teater aangebied en drie lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie vir dié produksie te wen.

Buiten ʼn aand vol musiek, stel die sanger ook sy jongste album, Jannie du Toit chante/sing/sings/zingt Brel bekend.

Aanhangers kan onder meer uitsien na Brel-liedjies uit De Kleine Man van 1994, Jannie en die Tannie van 2006 en Brel in Brooklyn van 2010. Die ander helfte is opnames van verwerkings wat vir die huidige produksie gedoen is.

In Bonjour Monsieur Brel sing Jannie du Toit die sanger Jacques Brel se beeldryke tekste in vier tale terwyl hy begelei word deur ʼn musiekensemble.

Jannie se eerste vertolking van Brel was in 1988 in die produksie Van Berlyn tot Bapsfontein, waarin hy saam met Laurika Rauch gesing het. Brel het sedertdien deurgaans ʼn rol in sy produksies soos De Kleine Man en Jannie en die Tannie saam met Christa Steyn gespeel.

Met sy geslaagde eenmanvertoning van woordkuns en musiek, Doep is nie dood nie,  steeds op die planke, verwesenlik Jannie ʼn jarelange ideaal om Brel ook in die genre van die eenman-literêre kabaret aan te bied.

Onder leiding van Juanita Swanepoel, regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit, word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Brel se geniale beeldende skryfwerk kom na vore en is soos die werke van klassieke komponiste en die wêreld se opera’s, soos alle groot kuns, tydloos. Brel se liedkuns sal nog vir ʼn lang tyd telkens weer nuut geïnterpreteer en beluister word.

Die album is reeds by Salon Musiek op die terrein van die Brooklynteater te koop, maar kan ook van enige musiekwinkel bestel word.

WEN: Drie lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie na dié produksie en bekendstelling te wen. Stuur jou naam, van, kontaknommer, fisiese adres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Waar vind die bekendstelling en produksie plaas? Die kompetisie sluit op 6 September om 12:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.