Wen: Jannie Moolman en Kevin Leo by die Atterbury-teater

Die gewilde Afrikaanse minnesangers Jannie Moolman en Kevin Leo is eersdaags te sien by die Atterbury-teater in Pretoria waar hulle die gehoor op ʼn sentimentele reis oor dekades heen gaan neem.

Moolman en Leo, albei internasionaal bekroonde operasangers, betree gereeld saam die verhoog en snoer kragte saam in die produksie, Duet.

Die sangers, met hul majestueuse, magiese tenoorstemme, gaan persoonlike gunstelinge sing soos “Fly me to the moon”, “Liefling” en “Funiculi Funicula”.

Moolman het al albums uitgereik soos Ek kom huis toeHoëveld kleure en Terugblik. Leo is bekend vir albums soos Sentimental Christmas en VOiCE.

Leo se eerste gospelalbum, XXI, is einde verlede jaar uitgereik. “Ek is nog altyd teen die status quo. Ek hou daarvan om anders te wees, maar ek wou ook vir die Gewer van my talente dankie sê,” het Leo vroeër aan Maroela Media gesê.

“Dit wat ek het, is immers vir my gegee en die tyd wat ons op aarde het, is net geleen. Ek het besluit dit is die regte ding om te doen en ek doen dit met vrymoedigheid, dankbaarheid en opregtheid.”

Duet is op 28 Oktober by die Atterbury-teater te sien. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Wen

Twee gelukkige wenners staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie na die vertoning van Duet by die Atterbury-teater op 28 Oktober te wen. Die kompetisie sluit Vrydag 26 Oktober om 10:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.