Wen kaartjies na Maroela Media se fliekpiekniek

(Foto: Verskaf.)

Wil jy graag saam met Maroela Media en Jak de Priester kom fliek maar die finansies knyp? Nou is dit jou kans!

Skryf in vir ons kompetisie en wen een van tien stelle gesinskaartjies om die geleentheid op Saterdag 17 Oktober by te woon. Kom sprei jou kombers, geniet die musiek van Jak de Priester en die heerlikste happies terwyl jy saam met ons na twee van die gewildste Afrikaanse flieks – Dominee Tienie en Die storie van Klara Viljee – kyk. Onthou, daar is ook ʼn veilige speelplek vir die jongspan beskikbaar.

Die fliekpiekniek vind by die lieflike Monte De Dios in die ooste van Pretoria plaas. Kom luister saam na Jak, wat saam met Kirsten en die nuweling Jemma musiek gaan maak.

Luan Jacobs, wat die rol van die predikantseun in Dominee Tienie vertolk, is Maroela Media se gasheer by dié geleentheid. Die eerste fliek, Dominee Tienie, word om 17:00 vertoon en daarna, om 19:00, kom Katinka Heyns se immergewilde Die storie van Klara Viljee aan die beurt.

Monte De Dios se restaurant, Cara Bella, gaan seker maak dat niemand honger ly nie. Op hul spyskaart is burgers, boereworsrolle, skyfies, melkskommels en nog vele meer. Die lekkerste wyn en jenewer word ook te koop aangebied.

Bring oupa, ouma, die kinders, familie en vriende – dit is tyd dat ons weer saam kuier!

Jak de Priester (Foto: Maroela Media)

Wen:

Maroela Media wil graag tien van ons lesers trakteer met ʼn stel gesinskaartjies (twee kaartjies vir volwassenes en twee kaartjies vir kinders) om vanjaar se fliekpiekniek saam met ons by te woon.

Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om die onderstaande inskrywingsvorm in te vul en die maklike vraag te beantwoord:

Noem een van die twee flieks wat by fliekpiekniek vertoon word?

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Woensdag 14 Oktober om 13:00.

Bepalings en voorwaardes:

  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  • Die wenners sal lukraak uit alle inskrywings gekies word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal verder daaroor gevoer word nie.
  • Die prys gee ʼn gesin van vier – twee volwassenes en twee kinders jonger as 18 – toegang tot die Maroela Media se fliekpiekniek van 2020.
  • Maroela Media dek nie die reis- en verblyfkoste van wenners nie.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner sal op Woensdag 14 Oktober deur Maroela Media gekontak word. Die kaartjies se besonderhede sal per e-pos aan die wenners verskaf word.
  • Lees ons privaatheidsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.