Wen kaartjies na ‘Musiek Soos Grond’

Die Musiek soos Grond-kunstenaars (Foto: Hendri van Skoll Photography)

Die splinternuwe musiekervaring getiteld Musiek soos Grond vind op 4 Mei in Pretoria plaas en is die eerste musiekkonsert van sy soort.

Kunstenaars soos Joshua na die Reën, Kaleidoskoop, Len Muller, Leon Gropp, Lizandra Winter en Liani Reynolds gaan almal die verhoog deel en nie net hulle eie verwerkings opvoer nie, maar ook saam musiek maak en mekaar begelei.

Maroela Media het vroeër berig dat dié konsert daarop gemik is om vir kontemporêre kunstenaars ’n platform te gee om hulle lirieke, lewensverhale en veelsydigheid op die verhoog met gehore te deel.

“Ons wil vir mense wys dat daar iets anders is as wat die hoofstroom bied en wil opkomende onafhanklike kunstenaars inspireer en aanmoedig om getrou te bly aan hulself en hulle musiek,” het Anique Jordaan van Kaleidoskoop gesê.

Joshua na die Reën het gesê dié konsert is spesiaal omdat almal wat daarby betrokke is, dieselfde hart vir musiek het en dat ʼn sameloop van omstandighede hul paaie laat kruis het. Die span wil graag hê die konsep moet verder groei sodat daar in die toekoms meer van dié konserte kan wees.

Die groep musikante gaan ook saam ’n nuwe enkelsnit, “Lugballon”, opneem. Dié lied is ’n kontemporêre hartsliedjie met die boodskap dat jou uitkyk op die lewe dikwels bepaal hoe jy situasies hanteer.

Kaartjies is by Quicket beskikbaar.

Wen

Drie gelukkige Maroela Media-lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Musiek soos Grond-konsert op 4 Mei by The Big Red Barn in Irene, Pretoria, wen. Die kompetisie sluit Vrydag 3 Mei om 09:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.