Wen: Kamerkoorfees op Moedersdag

Die Vox-kamerkoor en die Horizons Project-koor, twee welbekende kore van Pretoria, vat op Moedersdag vanjaar hande saam met die Capital Chamber Orchestra om die jaarlikse kamerkoorfees op die planke te bring.

Dié kore sal komposisies deur Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout uitvoer, begelei deur Schalk van der Merwe van die Capital Chamber Orchestra.

Die hoogtepunt van die konsert is Prinsloo se oratorium vir ʼn groot koor en simfonieorkes, “Canticum Canticorum”. Gaskore sluit in die Molen Kórus van Potchefstroom, onder leiding van Lorette du Toit en Kobus Venter, asook die nuutgevormde Unison Voices onder leiding van Stephan Gericke.

Die konsert vind op Sondag 12 Mei om 14:30 plaas by die Weskoppies-hoofsaal in Pretoria. Kaartjies kos R150 aanlyn en R170 by die deur. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Tixsa.

Wen: Vier gelukkige lesers kan elkeen ‘n dubbelkaartjie wen na die kamerkoorfees op Sondag 12 Mei by die Weskoppies-hoofsaal in Pretoria. Die kompetisie is nou gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.