[Wen] Karlien van Jaarsveld by die Blou Hond-teater

Karlien van Jaarsveld 2Die sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld is op 30 Augustus by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien.

Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na dié konsert, wat ʼn ete insluit, wen.

Van Jaarsveld het tot dusver in haar loopbaan vyf albums as solo-kunstenaar vrygestel. Haar nuutste album, Sing vir liefde, het vroeër vanjaar die klankgolwe getref.

Karlien spog met ʼn hele rits musiektoekennings – die mees onlangse een die Ghoema-toekenning vir beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar wat sy in 2016 vir haar vorige album, My Hartjie, ontvang het.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na Karlien van Jaarsveld se optrede by die Blou Hond-teater wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na [email protected]. Vraag: Hoeveel solo-albums het Karlien al vrygestel? Die kompetisie sluit 28 Augustus. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

emsa ·

Sy is pragtig. net jammer die vrouegeslag se haar so sleg seker maar jaloers want sy is beeldskoon en n pragtige geaardheid. baie seen vir jou Karlien

NieAanhanger ·

Ek was voorgekeer in PTA toe druk iemand ‘n kaartjie in my sak vir die konsert. Ek wil die ding graag weggee maar niemand wil dit he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.