Wen: Kerssang saam met Ruhan en Corlea

Ruhan du Toit. (Foto: Facebook)

Met Kersfees wat naderkruip, is dit ook die perfekte tyd van die jaar om jou geliefdes nader te trek en saam tyd deur te bring. Dit is ook daardie tyd van die jaar dat Kersliedere oral opklink en ʼn mens uit volle bors wil sing – ongeag of jy in die winkel of by jou huis is.

Daarom is Ruan du Toit en Corlea Botha se Kerssangfees net die vertoning vir jou en jou geliefdes. Dié twee dinamiese solo-kunstenaars is op 18 Desember by Castle de Wildt naby Modimolle (Nylstroom) in Limpopo te sien in Ons Kersfees Onder Die Sterre.

Albei kunstenaars vier ongeveer 26 jaar in die musiekbedryf. Afgesien van Corlea se verstommende tegniese stemvermoë, is sy bekend vir haar emosionele interpretasie van lirieke.

Ruhan is ook nie ʼn vreemdeling in plaaslike musiekkringe nie. Hy het op tienjarige ouderdom sy eerste album vrygestel en het sedertdien ʼn suksesvolle solo-loopbaan. Hy het in 2012 by Touch of Class aangesluit en weer in 2019 sy solo-loopbaan hervat.

Corlea. (Foto: Skoll Photography)

Die vertoning begin om 18:00 en beloof drie uur lange luistergenot wat bekende Kersfeestreffers en ʼn paar kontemporêre snitte insluit. Daar sal kosstalletjies en ʼn kontantkroeg wees waar mense heerlike versnaperings en drinkgoed kan koop om tydens die vertoning te nuttig.

Kaartjies vir Ons Kersfees Onder Die Sterre kos R200 en is by Quicket te koop.

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Ons Kersfees Onder Die Sterre-vertoning op Saterdag 18 Desember. Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 13 Desember om 23:45.

  • Baie geluk aan Christelle Theron, Zenobia Viviers, Pieter Schutte, Ada Neumeyer en Henk Botma, wat elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Ons Kersfees Onder Die Sterre-vertoning. Hou Maroela Media dop vir nog heerlike kompetisies en kanse om te wen.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit 13 Desember om 23:45.
  • Wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media met die wenners sal kontak maak.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die vertoning is in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo en wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.