Wen: Kom geniet Afrikaans is Groot saam met Maroela Media

Daar is geen groter geleentheid as hierdie in Suid-Afrika nie en boonop gebeur dit alles in jou taal.

Oor minder as 10 dae skop Afrikaans is Groot in Pretoria af en een van die hoogtepunte van vanjaar se konsertreeks is Laurika Rauch wat haar 40 jaar in die musiekbedryf vier. Van die ander sangers wat saam met hierdie musieklegende die verhoog sal deel, is Demi Lee Moore, Karlien van Jaarsveld en Ricus Nel.

Konsertgangers kan ook uitsien na optredes van Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Ruhan du Toit, Bok van Blerk, Jay, Corlea, Riana Nel, Elvis Blue en Tarryn Lamb.

Wen

Almal weet al teen hierdie tyd Afrikaans is Groot is dié megakonserte wat jy nie durf misloop op die jaarlikse Afrikaanse musiekkalender nie, maar hoe gemaak as jy ʼn bietjie laat geslaap het en nou sukkel om kaartjies vir die geleentheid te kry?

Maroela Media, die amptelike digitale vennoot van Afrikaans is Groot (AiG) 2019, het gelukkig ʼn plan gemaak en ons sal 28 lesers elkeen met ʼn stel dubbelkaartjies bederf om hierdie musikale skouspel van Afrikaanse musiek eerstehands saam met Maroela Media en AiG te ervaar.

Kom geniet die aand saam met ons!

Baie geluk aan Steve Snyman, Jan Ettiene Coertzen, Bea-Mari Bernard, Paul Jacobs, Sumari Maartens, Hennie Lottering, Margaret Weideman, Charlotte Pretorius, Cornelia Werth, Iperthia Visser, Marietjie Lottering, Werner Scherman, Michele Whitehead, Stephan Visagie, Linda Kleinhans, Benita Lourens, Gwendoline Snyman, Stelmari Kraftt, Zelda Conradie, Jacques Olivier, Sandra Goosen, Leatitia Ferreira, Shanay Jacobs, Charlene Bisschoff, Nicolene Coetzee en Luaan Swarts wat elkeen ‘n stel dubbelkaartjies na ‘n Afrikaans is Groot-konsert in Pretoria gewen het.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op Maandag 18 November plaasvind waarna die wenners per e-pos gekontak sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op sosiale media en op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Wenners sal hulle kaartjies by Maroela Media se kantore in Kloofsig, Centurion moet kom afhaal.
  • Slegs wenners wat in Gauteng woon of hulle eie reis- en verblyfreëlings vir die bywoning van die konsertreeks kan reël, kan in aanmerking kom vir die prys. Maroela Media sal nie verantwoordelik wees vir enige reis- en verblyfreëlings vir die AiG-konsertreeks nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Elke deelnemer kan slegs één stel dubbelkaartjies wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Morne ·

Kan julle nie ook n kompetisie aanbied vir die AIG konserte in Kaapstad nie?

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Morne

Maroela Media het tans net kaartjies wat ons vir die AiG-konserte in Pretoria kan weggee.
Hou asb. ons webwerf dop vir enige verder nuus oor kaartjies vir die AiG-konserte in Kaapstad.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.