Wen: Kom geniet ʼn skouspelagtige Kersvertoning saam met Capital Singers

Die duisend stemme van die Capital Singers in aksie. Foto: Capital Singes se Facebook-blad.

As jy van koormusiek hou, is Capital Singers se Kersvertoning, Noël, beslis net die geleentheid vir jou om by te woon.

Met Kersfees op die drumpel is dié koor slaggereed om hierdie naweek twee skouspelagtige vertonings op die planke te bring met ʼn koor wat uit ʼn duisend amateurstemme bestaan. Dit is ook die enigste amateurkoor wat deur professionele spanne gerugsteun word – van die orkesbegeleiding en stelontwerp tot beligting.

Op 7 en 8 Desember sal tot 14 000 mense in die Sun Arena Time Square in Pretoria deur hierdie koor en hul kragtige stemme betower word.

Dié reeds opwindende geleentheid sal boonop ekstra momentum kry danksy die bydraes van drie sensasionele stemme: Thembeka, The Voice SA-gunsteling, Louis Loock, solokunstenaar en voormalige lid van die groep Romanz, en Nadine, gewilde sanger en aanbieder.

  • Kaartjies vir die Capital Singers se Noël-optrede op 7 en 8 Desember kan by Itickets.co.zabespreek word.
  • Michael Barrett en Christo Burger, regisseur en dirigent van die Capital Singers, het in Maroela Media se ateljee kom kuier. Barrett en Burger het meer vertel oor die koor en wat hulle met Noël Lees die berig hier op Maroela Media.

Wen

Baie geluk aan Frik Bell, Hennie Lottering, Engela Hirsch, Renette Nel en Anet van der Berg wat die wenners van hierdie kompetisie is. Hulle wen elkeen ‘n stel dubbelkaartjies na die Capital Singers se Kersvertoning op Saterdag 7 Desember om 19:00 in die Sun Arena by Time Square in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.