Wen: ‘Kraakvars Classics’ weer in Pretoria aangebied

Kraakvars Classics is ʼn opwindende ligte klassieke musiekproduksie vir die kieskeurige musiekliefhebber. Dié konsert word binnekort op openbare aanvraag vir ʼn tweede keer aangebied.

Soliste soos die gewilde sangers André Schwartz, Burgerd Botha van Romanz-faam en Henry van Dyk asook Veramarie Meyer, Charlotte Kilian en Helena Ceronio is weer in dié produksie te sien.

Vanjaar snoer dié bekende Afrikaanse kunstenaars kragte saam met die Capital Filharmoniese Orkes onder leiding van die jong dirigent Schalk van der Merwe.

“Die produksie het verlede jaar so vinnig uitverkoop dat ons besluit het om die konsert vanjaar weer aan te bied, maar dié keer op ʼn groter skaal,” vertel die sanger Henry van Dyk aan Maroela Media.

“Die mense het gevra vir meer, en ons het geluister. Ons beoog om dit ʼn jaarlikse instelling te maak wat eerstens dien as ʼn geldinsamelingsprojek vir die NG Kerk Jan Niemandpark, en ook om ligte klassieke ʼn nuwe baadjie te gee en dit meer toeganklik te maak vir die breër publiek,” sê Van Dyk.

Volgens Van Dyk kan konsertgangers ʼn wye verskeidenheid uit ligte klassieke musiek, operettes en Afrikaanse kunsliedere verwag. “Ons vermy die swaar goed tydens hierdie produksie.”

Hy is opgewonde oor die vrouestemme wat vanjaar saam met die orkes optree. “Dis min dat ons die geleentheid kry om saam met so ʼn orkes op te tree en ek dink dit gaan ook vir konsertgangers ʼn belewenis wees.

Die konsert vind plaas op Sondag 26 Augustus in die Choose Life-ouditorium in Moreletapark, Pretoria. Kaartjies kos R200 of R250 per persoon en is te koop by [email protected] of skakel 083 289 1869.

Wen

Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie na Kraakvars Classics te wen. Om te wen, vul die vorm in en beantwoord die vraag. Die kompetisie sluit op Donderdag 16 Augustus.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.