[Wen] Kry ‘liefde by die dam’ met Laurika, Van Coke én meer

Laurika Rauch (Foto: Facebook)

Valiant Swart en Mel Botes het destyds in Song vir Katryn vir die eerste keer oor liefde by die dam gesing. Die boodskap van dié liedjie, “Liefde by die dam”, kry weer op 6 Augustus gestalte in JacarandaFM se Liefde by die dam-musiekkonsert.

Dié konsert, spesiaal genoem na die gelyknamige liedjie, word beplan as ʼn vertoonvenster van plaaslike talent.

“Die program sorg vir ʼn bietjie liefde vir mense van jonk tot oud en ons maak weer soos verlede jaar en gee ook liefde terug aan die gemeenskap – daarom pas dit sommer perfek by die liedjie,” sê die radiostasie in ʼn verklaring.

Konsertgangers word aangemoedig om hul piekniekkomberse te skenk aan die welsynorganisasies wat by die projek betrokke is.

Jy kan ook talle pryse soos kaartjies, “Liefde wen”-items en ʼn private vertoning deur Die Heuwels Fantasties wen as jy ʼn foto van jou wat ʼn onbaatsugtige daad doen, soos om iemand anders in nood te help, op die “Liefde by die dam”-blad op Facebook, Twitter of Instagram deel.

Sangers soos Francois van Coke, Laurika Rauch, Riana Nel, Majozi, JR, Jo Black, Loki Rothman asook Die Heuwels Fantasties neem deel aan dié konsert.

Liefde by die dam vind plaas op 6 Augustus tussen 10:00 en 18:00 by die Emmarentiadam in Johannesburg. Kaartjies kos R165 per persoon. Kinders jonger as 12 betaal R75. ʼn BBP-kaartjie gaan jou R600 uit die sak jaag.

WEN: Twee lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die “Liefde by die dam”-konsert wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Noem twee kunstenaars wat in dié konsert te sien is. Die kompetisie sluit op 30 Julie. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.