[Wen] Kuier saam met Arno Carstens by die Blou Hond

Arno-Carstens-IMAGE-Die-Aandblom-13-002

Arno Carstens

Die sanger en liedjieskrywer Arno Carstens is op 2 Augustus by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien, en gaan van sy gewildste liedjies sing uit sy diskografie van 13 albums.

Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na dié konsert, wat ʼn ete insluit, wen.

Carstens het al in sy loopbaan vyf albums as hoofsanger van ‘Springbok Nude Girls’ vrygestel, ses albums as solo-kunstenaar en een as deel van ʼn die projek ‘Bhelltower’.

Die sanger het in 2016 sy eerste Afrikaanse solo-album Die Aandblom 13 vrygestel.

Carstens spog met meer as 20 top-10 treffers en vyf Sama-toekennings. Hy het al die verhoog gedeel met U2, The Rolling Stones, REM en vele meer. Hy het ook Suid-Afrika se grootste musiekfeeste én buitelandse feeste soos Isle of Wight en Glastonbury opgetree.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na Arno Carstens se optrede by die Blou Hond-teater wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, fisieke adres en jou antwoord na die volgende e-pos na [email protected]: Wanneer is Carstens by die Blou Hond te sien? Die kompetisie sluit 31 Julie. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liza101 ·

Snaaks die anti-Afrikaner maak nou baie geld uit Afrikaanse musiek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.