Wen: Laurika Rauch se spesiale versamelstel

Die 'Laurika Rauch - 40 jaar'-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

Die ‘Laurika Rauch – 40 jaar’-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

Dit is nou 40 jaar sedert die uiters gewilde sangeres en Afrikaanse ikoon, Laurika Rauch, vir die eerste keer bekend geword het met haar treffer, “Kinders van die wind”, wat deur Koos du Plessis geskryf is.

Laurika Rauch – 40 jaar is ʼn versamelstel wat deur dié geliefde sangeres vir haar aanhangers en musiekliefhebbers saamgestel is om haar vier veelbewoë en heerlike dekades in die bedryf te vier.

Vir die versamelstel het sy 14 albums uit haar omvattende katalogus gekies wat sy glo haar loopbaan die beste verteenwoordig. Sy het egter gevoel daar is ʼn hele paar liedjies wat nie op dié albums ingesluit is nie, maar ook vra om gehoor te word en het dus ʼn 15de album, ʼn Versameling, spesiaal by die versamelstel ingesluit.

Met hierdie 15 albums sal aanhangers bykans elke liedjie wat Rauch oor haar 40 jaar in die bedryf opgeneem het as ʼn versamelstuk kan bewaar.

Die 'Laurika Rauch - 40 jaar'-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

Die ‘Laurika Rauch – 40 jaar’-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

“Elke boksie bevat ook ʼn boekie van 12 bladsye met foto’s van my asook drie resensies oor my werk van 1979, 1984 en 2017,” vertel Rauch trots oor dié stel, waarvan daar slegs ʼn oplaag van 1 000 gedruk is. Die stelle, wat elk genommer en spesiaal deur Rauch geteken is, sal nie weer herdruk word nie.

“Ek dink ek skyn die meeste op die verhoog, maar dit is vir my verskriklik belangrik dat daar iets nagelaat moet word en daarom is dit vir my so wonderlik dat ʼn mens albums kan maak.”

Die stel is eksklusief beskikbaar op Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie. Die koste beloop R1 265 per stel. Die bedrag sluit nie posgeld in nie. Die verkope van die versamelstel ondersteun ook die Solidariteit Helpende Hand se #StopHonger-veldtog.

Die 'Laurika Rauch - 40 jaar'-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

Die ‘Laurika Rauch – 40 jaar’-versamelstel. (Foto: Roux Wedding Photography)

Daar is slegs ʼn beperkte hoeveelheid van die spesiale versamelstel oor. Koop dit hier.

Wen

Een gelukkige leser het die kans om dié spesiale versamelstel, Laurika Rauch – 40 jaar, te wen. Die wenner sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit op Donderdag 9 Mei om middernag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.