Wen: Leo Sayer en kie in Kersfees Skouspel

Leo Sayer.

Leo Sayer.

Meer as 15 van Suid-Afrika se topkunstenaars sal vanjaar saam met die internasionale sanger Leo Sayer in Kaapstad en Pretoria op die planke te sien wees in Lefra Produksies se Kersfees Skouspel.

Sayer sal saam met gewilde sangers soos Jak de Priester, Joshua na die Reën, Mathys Roets, Monique, Nianell, Pieter Smith, Scott Engelbrecht, Steffie le Roux en Tasché op Saterdag 14 Desember om 20:00 by die Grand Arena van GrandWest in Kaapstad te sien wees en weer op Maandag 16 Desember om 15:00 by die Sun Arena, Times Square, in Pretoria.

Sayer het in sy musiekloopbaan van 40 jaar die wêreld deurkruis. Van die Olimpiese stadion in Moskou deur na Central Park in New York, die Las Vegas Hilton, Wembley-arena tot by die Royal Albert Hall in Londen. Hy is bekend vir treffers soos “When I Need You”, “Can’t Stop Loving You”, “More Than I Can Say”, “One Man Band” en die immergewilde dansliedjie “You Make Me Feel Like Dancing”.

Sayer het ook vir heelwat ander kunstenaars geskryf soos Tina Turner, Dolly Parton, Jennifer Warnes en Gene Pitney en het ook so pas weer ʼn nuwe album op die rak met die titelsnit “Selfie”.

Frans Swart, regisseur van die produksie, het gesê hy is opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat vanjaar by Kersfees Skouspel optree.

“Deur die jare was Kersfees Skouspel nog altyd ʼn skouspel van klank, kleur, kostuums, musiek, sang en beslis ʼn skouspel van Kersmusiek. Kersfees is so ʼn wonderlike tyd met die viering van Jesus se geboorte en dit is so ʼn voorreg om hierdie produksie net voor Kersfees aan te bied. Ons nooi almal uit om Kersfees te kom vier met die wonderlikste kunstenaars en die mooiste Kersmusiek wat nog ooit geskryf is,” het hy gesê.

Jaconell Mouton, musikale regisseur, het gesê dit is elke jaar vir haar ʼn hoogtepunt om aan Kersfees Skouspel te werk. “Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ʼn totale nuwe dinamika na die produksie toe bring. Kunstenaars sing duette saam, daar is lekker groepliedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar toeskouers is in vir ʼn hele paar verrassings!”

Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Lees meer by www.kersfeesskouspel.co.za.

Wen

Drie Kaapse lesers en drie Gautengse lesers kan elkeen ’n dubbelkaartjie wen na Kersfees Skouspel. Vul die onderstaande vorm in om in te skryf. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit om 10:00 op 9 Desember.

Die kompetisie het gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Sy lied “More than I can say” was vir my ‘n treffer, gaan hom nou soek onder YouTube en luister.
Uitstekende kunstenaar.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.