Wen: Majozi by die Atterbury-teater

Die geliefde Suid-Afrikaanse sanger Majozi tree eersdaags by die Atterbury-teater in Pretoria op. Hy is bekend vir sy radiotreffers soos Fire, Darling, Waiting en Somebody.

Majozi het diep in die harte van aanhangers oor die hele land ingekruip met sy opregte en hartroerende liedjies wat inspirasie put uit sy geloof en die wêreld om hom. Majozi bied sy musiek op ʼn kunstige wyse aan terwyl hy die kitaar en klavier tokkel en die tromme slaan.

Sy debuutalbum getiteld Majozi is in 2018 uitgereik en die meeste van die snitte het temas van superhelde, geloof, kwesbaarheid en onsekerheid. Die liedjies weerspieël die plek waar Majozi hom emosioneel bevind het terwyl hy geskryf het.

Hy het al op verhoë oor die hele Suid-Afrika en die buiteland opgetree, asook in Amsterdam in Nederland voor duisende mense gesing saam met plaaslike kunstenaars soos Francois van Coke en Die Heuwels Fantasties. Hy het ook opgetree tydens die Francois van Coke en Vriende-konsert by die Sun Arena in Menlyn en by die Liefde by die Dam-konsert.

Aston Wylie, wat onlangs sy enkelsnit “Broken and Beautiful” uitgereik het, tree op 25 Maart saam met Majozi by die Atterbury-teater in Pretoria op.

Kaartjies vir die vertoning kos tussen R160 en R180 en is beskikbaar by iTickets.

Lees die vorige berig oor Majozi se debuutalbum op Maroela Media hier.

Wen

Twee gelukkige lesers het die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na die vertoning op Maandag 25 Maart om 20:00 by die Atterbury-teater in Pretoria. Die kompetisie sluit op Woensdag 20 Maart om 08:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.