Wen ’n kaartjie na 12 ure se musiekgenot met 26 sangers

Agter vl.n.r. op die bakkie staan Juanita du Plessis, Ruan Josh, Franja du Plessis, Vanes-Mari du Toit, Hamilton Wessels, Kurt Darren, sjef Vaatjie, Dawie Rootd, ekonoom en aanbieder van Ontbytsake, en Anton Botha. Voor in die bakkie sit Refentse en agter sit Arno Jordaan en Brendan Peyper met sy hond Trompie. (Foto: Verskaf.)

Afrikaans Gaan Global is ʼn regstreekse konsert wat op Saterdag 5 September aanlyn gestroom sal word met 12 ure se ononderbroke vermaak van die hoogste gehalte saam met 26 van Suid-Afrika se grootste kunstenaars.

Skop skoene uit, of trek jou dansskoene nader – dit is jou keuse, want jy kan saam sing en dans op die musiek van sangers soos Kurt Darren, Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Karlien van Jaarsveld, Elandré, Jay, Refentse, Robbie Wessels, Ricus Nel, Dirk van der Westhuizen, Brendan Peyper en Christia Visser om maar net ʼn paar name te noem.

Hierdie konsert sal deur gehore wêreldwyd geniet kan word en aanhangers in Australië, Nieu-Seeland, Europa, Engeland, Kanada, die VSA en natuurlik almal in Suid-Afrika en Namibië kan aanlyn vir die mega-fees inskakel en in die vermaak deel.

“Daar is soveel byeenkomste wat voor die inperking gekanselleer is en daar is min mense wat nie deur dié pandemie geraak word nie. Hierdie is ʼn wonderlike inisiatief en ons as Suid-Afrikaanse kunstenaars kan nie wag om weer terug op die groot verhoog te klim nie; ons weet ons lojale ondersteuners is uitgehonger vir musiek, braai en samesyn,” sê Darren.

“Die reaksie onder kunstenaars oor dié konsert is ongelooflik en dit wys net weereens hoe ons as Suid-Afrikaners ’n kopskuif kan maak en saamstaan.

“Vir die eerste keer ooit bied ons aan almal daar buite die kans om ekstra geld te verdien en daarom het ons die #MYfonds-konsep begin. Met die #MYfonds registreer jy op die iTickets-webblad en ontvang ’n persoonlike skakel. Sodra jou persoonlike skakel deur een van jou Facebook-, Instagram-, Twitter- of WhatsApp- vriende gebruik word om ’n kaartjie te koop vir die Afrikaans Gaan Global-konsert, verdien jy R20 per kaartjie in jou eie #MYfonds-beursie. Jou kans om jou #MYfonds-beursie vol te maak is eindeloos,” sê Albertus Potgieter, eienaar en besturende direkteur van iTickets.

(Grafika: Verskaf.)

’n Groot aantrekkingskrag is die Afrikaans Gaan Global-lootjies (raffle-kaartjies). Daar is massiewe pryse op die spel. Dié pryse sluit in:

  • Die Afrikaans Gaan Global Superbakkie – ’n Ford F250.
  • MSC en Super Events borg ’n luukse vaart op die MSC Sinfonia. Daar is ses vaarte om van te kies tussen Januarie en April 2021. Dit is ’n BBP-pakket ter waarde van R25 000.
  • Drie Weber Spirit-gasbraaiers en vier Weber Premium-houtskoolbraaiers met bybehore is ook op die spel. Totale waarde is ongeveer R60 000.
  • Braaigeskenkpakke van Weber, Rooibaard-sous en BitFarming.

Kurt Darren sê Afrikaans Gaan Global het ʼn kunstenaarsfonds gestig vir die sangers en musikante wat ernstig in die knyp is. (Foto: Verskaf.)

Bespreek jou Afrikaans Gaan Global-lootjies op iTickets vir slegs R100. Hoe meer kaartjies, hoe groter is jou kans om te wen.

Die geleentheid bestaan ook vir die publiek om ʼn huispartytjie – binne die regulasies – aan te bied. In samewerking met Virtual Productions kan jy jou eie #HuisFees aanbied. Klank, groot TV-skerms asook beligting sal beskikbaar wees om jou huis in ’n heerlike partytjie-venue te omskep. Almal wat die #HuisFees bespreek, staan dan die kans om die ongelooflike pakket gratis op die dag van die konsert te kry. Die #HuisFees-pakket sluit vir R3 000 die volgende in:

’n Mini-klankstelsel, ’n tegnikus, asook ʼn 60”-TV vir jou huis of venue vir die Afrikaans Gaan Global-kuier en dit word deur Virtual Productions afgelewer en geïnstalleer.

Dit beloof om twaalf ure van pure klankgenot te wees soos in die ou dae voor Covid-19.

“Afrikaans Gaan Global het ʼn kunstenaarsfonds gestig vir die sangers en musikante wat die knyp ernstig voel onder die huidige omstandighede. Om ʼn bydrae tot die fonds te maak, druk asseblief op die donasieknoppie by die Afrikaans Gaan Global iTickets-blad. Ek is seker die kunstenaars in nood sal dit baie waardeer,” voeg Darren by.

Kaartjies vir Afrikaans Gaan Global kos R120. Bespreek jou kaartjies op iTickets.

Indien jy as maatskappy as borg by hierdie eerste Afrikaans Gaan Global-produksie betrokke wil wees, stuur gerus ’n e-pos aan [email protected] of skakel 086 1000 291.

Wen

Baie geluk aan Justine Coetzee van Pretoria, Werner Smit van Pretoria, Tracy Ann Edmeades van Jeffreysbaai, Dienkie Gebbing van Wellington, Natasjha Jooste van Secunda, Wimpie Espach van Pretoria, Lettie le Roux van Secunda en Nicolise Schambriel van Phalaborwa, wat elkeen ’n kaartjie gewen het om aanlyn die Afrikaans Gaan Global-konsert te kyk. Hoop julle geniet dit – lekker Maroela!

Bepalings en voorwaardes:

  • Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees.
  • Die wenner sal lukraak uit alle inskrywings gekies word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal verder daaroor gevoer word nie.
  • Die prys, een kaartjie, gee een toestel toegang om die Afrikaans Gaan Globaal aanlyn konsert te kyk.
  • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner sal op Vrydag 28 Augustus 2020 deur Maroela Media gekontak word. Die kaartjies se besonderhede sal per e-pos aan die wenners verskaf word.
  • Die wenner se naam sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Lees ons privaatheidsbeleid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.