Wen: ʼn Valentynsdag-bederf met vleuelklaviere

klavier

Foto: Cocoparisienne/Pixabay.com

Salon- en klaviermusiekliefhebbers kan uitsien na ʼn onvergeetlike klavier-extravaganza by die Brooklyn-teater.

Sommige aanhangers van salonmusiek was bevoorreg genoeg om die uitvoering reeds tydens die regstreekse RSG-uitsending in November 2014 te beleef. Komplimente oor hierdie hoogs suksesvolle poging het bly instroom en die teater was genoop om ʼn heruitvoering te oorweeg.

Dié skouspel kan vanjaar weer op die verhoog van die Brooklyn-teater beleef word. Die program is spesiaal deur Willem Vogel ontwerp en begin met twee hande op een klavier en bou geleidelik op tot 16 hande en vier klaviere.

ʼn Verfrissende keurspel van gewilde klavierwerke sorg vir ʼn inspirerende ervaring wanneer agt puik Suid-Afrikaanse pianiste hulle besondere talente ten toon stel.

Die program vir vanjaar se extravaganza sluit ou gunstelinge sowel as ʼn splinternuwe repertorium in, asook indrukwekkende verwerkings van geliefde werke van ou meesters en opwindende nuwelinge.

Twee ekstragroot vleuelklaviere word met trots geborg deur WS Pianos.

Die extravaganza vind plaas op Donderdag 14 Februarie om 19:00 en Sondag 17 Februarie om 15:00. Kaartjies kos tussen R180 en R310 en is beskikbaar by die teater by 012 460 6033 asook aanlyn by Ticket Space.

Wen

Agt gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die klavier-extravaganza by die Brooklyn-teater. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit Woensdag 13 Februarie om 08:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.