[Wen] Nuwe Kaleidoskoop-album ná vier jaar

Kaleidoskoop (Foto: Facebook)

Kaleidoskoop (Foto: Facebook)

Die akoestiese musiekgroep, Kaleidoskoop, stel op 24, 25 en 26 Maart vanjaar hul splinternuwe album by die Atterbury Teater in Pretoria bekend.

Dié bekroonde musiekgroep, wat bestaan uit Jouba (stigterslid) en Anique Jordaan, vertel hulle is baie opgewonde dat aanhangers dié nuwe album, getiteld Gunsteling seisoen, moet hoor.

Die eerste enkelsnit op die album, “Wegbreek”, word al sedert November verlede jaar op radiostasies gespeel.

“Die afwagting in ons harte groei by die dag,” vertel hulle. “Ons hoop en glo, met elf nuwe oorspronklike liedjies uit ons albei se penne, asook twee Engelse verwerkings van bestaande liedjies, dat dit ná vier jaar die lang wag werd gaan wees.”

Die groep het al drie suksesvolle albums en ’n DVD uitgereik, onder meer Platsak (2010), wat in ’n strandhuis in Vleesbaai vervaardig is, Vars Uitgekerf, wat talle benoemings en toekennings ingepalm het en die groep se spesiale weergawe van die Cranberries-treffer “Zombie” bevat en Acoustic Covers wat bestaan uit Kaleidoskoop se verwerkings van bekende treffers.

Kaartjies vir die bekendstelling van Gunsteling seisoen kan by Computicket bespreek word.

Vir meer inligting oor die groep, besoek hul Facebook-blad.

WEN: Twee lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie na die bekendstelling van Gunsteling seisoen op 26 Maart wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van, fisieke adres en kontakbesonderhede en jou antwoord op die volgende vraag, na [email protected]: Wat is die naam van Kaleidoskoop se jongste album? Inskrywings sluit 24 Maart om 12:00. Die wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae