[Wen] Parow en Polisiekar nooi jou vir musiek en speletjies

Francois van Coke en Jack Parow (Foto: Robin Looy)

Die Afrikaanse musiekgroep F**ofpolisiekar en die kletsrymer Jack Parow is op 8 Julie by Weiveld in Pretoria te sien in ʼn eerste-in-sy-soort-vertoning: rekenaarspeletjies en musiek.

Die kunstenaars het kragte gesnoer met Warner Bros, Ster Kinekor Entertainment en ACGL om vir een aand die wêreld van musiek en speletjies saam te smelt.

Aanhangers van dié kunstenaars se musiek én die uiters gewilde Injustice 2-rekenaarspeletjie, kan mekaar onder meer die stryd aansê om as Injustice-kampioen gekroon te word op die maat van Parow en Polisiekar se musiek.

Parow en Polisiekar nooi jou vir musiek en speletjies (Foto: Verskaf)

Talle Injustice 2-pryse sal ook gedurende die aand uitgeloof word. Daar sal verder ook ʼn toegewyde speletjie-area wees waar konsertgangers dié speletjie teen mekaar kan speel.

Die 5FM-radioaanbieder, Rob Forbes, tree die aand as seremoniemeester op, terwyl DJ Waynalicious saam met Jack Parow en Polisiekar beloof om legendariese vertonings te lewer.

Spelers gaan ook ʼn kans kry om deel te neem aan die amptelike Suid-Afrikaanse Injustice 2 Series Grand Final-kampioenskap wat ʼn groot prys van R60 000 aanbied.

Meer inligting:
Datum: 8 Julie 2017
Program: F**ofpolisiekar & Jack Parow
Plek: Weiveld
Adres: Hoek van Graham en Boschkop, Zwavelpoort, Pretoria-Oos
Kontak: 071 471 6698
Deure maak ook: 19:00
Optredetyd: 21:30
Kaartjies: R150 by iTickets.

Vir meer inligting, sluit aan op Facebook.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie na die geleentheid, ʼn pet én ʼn Injustice 2-speletjie wen. Om in te skryf, stuur jou naam, van en kontaknommer, en jou antwoord op die volgende vraag, na [email protected]: Waar vind die geleentheid plaas? Die kompetisie sluit 6 Julie. Die wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.