Wen R10 000 met die Ghoema-toekennings

Die kykNET Ghoema-toekennings bring vanjaar weer die grootste rolspelers in die musiekbedryf byeen om musiekvrystellings tydens die 2018-kalenderjaar te bekroon.

Vanjaar vier die Ghoemas sy agtste bestaansjaar en dit bly steeds een van die mees gesogte toekenningsgeleenthede vir kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf. Oor die afgelope sewe jaar het die Ghoemas ʼn enorme uitwerking op die loopbane van talle kunstenaars gehad.

Afrikaanse musiekliefhebbers word genooi om kaartjies te koop vir dié spoggeleentheid en só ook die kans te kry om R10 000 kontant te wen. ʼn Sitpleknommer sal lukraak gekies word en die wenner sal tydens die geleentheid aangekondig word.

Inskrywingsmetode:

Koop eenvoudig jou kaartjie vir die kykNET Ghoema-musiektoekennings en jy het ʼn kans om R10 000 kontant te wen.

Inskrywingstydperk:

Dinsdag 5 Maart tot Dinsdag 16 April om 23:59.

Prys:

Een persoon sal R10 000 kontant wen.

Wie kwalifiseer om deel te neem?

Enige Suid-Afrikaanse burger kan deelneem, maar deelnemers jonger as 18 jaar moet toestemming van hul ouers of voogde verkry.

Ander reëls:

  • Die kompetisie voldoen aan die vereistes van die Verbruikersbeskermingswet.
  • Jy moet ʼn geldige kaartjie vir die kykNET Ghoemas 2019 koop om te kan inskryf en in aanmerking te kom vir die prys.
  • Elke inskrywingsvorm met ʼn geldige sitpleknommer is ʼn geldige inskrywing in die kompetisie.
  • ʼn Wenner sal lukraak deur ʼn onafhanklike ouditeur aan die einde van die kompetisie gekies word.
  • Alvorens die wenner bevestig word, sal ʼn kykNET-verteenwoordiger die wenner se ID-dokument en kaartjie by die geleentheid verifieer. Indien die wenner se ID-nommer en sitpleknommer nie ooreenstem nie, sal ʼn alternatiewe wenner aangewys word.
  • Die wenner sal die aand van die kykNET Ghoemas tydens die geleentheid aangekondig word.
  • Die R10 000 sal direk in die wenner se bankrekening inbetaal word.
  • Vir die volledige lys van bepalings en voorwaardes, klik hier.

Die Ghoema-galageleentheid vind op 17 April by die Sun Arena, Times Square in Menlyn, Pretoria, plaas en word vir die derde jaar regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai. Kaartjies vir die publiek kos R180 en is beskikbaar by Computicket.

Volg die skakel vir ʼn volledige lys van benoemings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.