[WEN]: Rocco de Villiers by die Blou Hond-teater

Rocco de VilliersVir die eerste keer is die bekende pianis Rocco de Villiers met ʼn vleuelklavier by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien in ʼn splinternuwe vertoning, Gevleuel, gestryk en gestram. Hy tree op saam met Lizelle le Roux (viool) en Robert Mitchley (kitaar).

Kom beleef ʼn akoestiese konsert met aksente van Leonard Cohen, Lady Gaga en Adele vir skeppende energie, topvermaak en onoortreflike klavierspel.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van Gevleuel, gestryk en gestram, met etes ingesluit, Woensdag 19 April by die Blou Hond-teater in Darlingtonweg, Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wie begelei Rocco met die viool? Die kompetisie sluit Vrydag 14 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.