[Wen] Rock in jou taal saam met dié kunstenaars

Francois van Coke (Foto: Facebook via Francois van Coke)

Die gewilde Afrikaanse rocksanger Francois van Coke en sy groep, Die Gevaar, gaan vanjaar op openbare aandrang die verhoog met Die Heuwels Fantasties, Saarkie en The Sweet Resistance deel by die Rock in my taal-musiekkonsert.

Van Coke, wat sy tweede ateljee-album – Hierdie is die lewe – in Februarie vrygestel het, sal gunstelingtreffers saam met dié uiteenlopende groepe sing.

Die sanger het voorheen vertel dié nuwe album gaan oor die menslike toestand. “Alles wat tussen geboorte en sterfte gebeur, ons oorwinnings en ons mislukkings, dit is die hooftema van die album, maar dit handel oor baie verskillende dinge. Dit gaan oor liefde, vriendskap, die toekoms, die verlede, die hede.

Die Heuwels Fantasties (Foto: Facebook)

“Ek dink die liedjies wat ek skryf, is persoonlik en baie eerlik. Soms voel ek dit is selfgesentreerd, maar ek besef ook dit is juis die tipe liedjies waarvan ek hou. Ek hou van mense wat eerlik en persoonlik is. Ek vind aanklank daarby en dit is dus die soort liedjies wat ek wil skryf.”

Die Heuwels Fantasties het ook onlangs hul jongste album, OKAY!, vrygestel.

Die ander groepe wat by die konsert te sien is, beloof ook om te vermaak. The Sweet Resistance is ’n alternatiewe poprockgroep van Kaapstad. Hulle sing ritmiese, melodieuse liedjies wat die dieptes peil van die lewe, die liefde, vrywees en die kanse wat ’n mens kry.

Saarkie (Foto: Verskaf)

Rock in my Taal vind plaas by Carnival City se Big Top Arena op Saterdag 20 Mei om 20:00. Besprekings kan by Computicket gemaak word. Groepe van meer as 10 kry ’n stewige afslag; bel Lefra Produksies by 011 815 3000, of stuur ’n e-pos na [email protected].

WEN: Drie lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Rock in my taal. Om deel te neem aan Maroela Media en Lefra Produksies se kompetisie, kan jy die volgende na 33 000 SMS: LEFRA ROCK Maroela Media, Rock in my Taal, jou naam en van, en jou stad of dorp. Dieselfde inligting kan ook per e-pos gestuur word na [email protected] met LEFRA & Maroela Media ROCKKOMPETISIE as onderwerp. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en die beslissing van die redakteur is finaal. SMS’e kos R1,50 elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.