Wen: SA kunstenaars sing die grootste treffers van alle tye

Tarryn Lamb

Die skouspelagtige Classics vind weer vanjaar in Julie in Pretoria plaas en gehore kan uitsien na ’n kragtoer van treffers deur die eeue. Kunstenaars soos Tarryn Lamb, Corlea, Jannie Moolman en Monique Steyn sal vanjaar op die verhoog verskyn.

“Classics 2019 sal extravaganza ’n nuwe betekenis gee. Ons gaan die grootste musiekikone en liedjies van alle genres en eras eer,” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Classics, gesê.

Musiek van Queen, A Star is Born, The Sound of Music, The Phantom of the Opera, Grease, Barbra Streisand, Céline Dion, Elvis Presley, Bruno Mars, Dolly Parton, Simon and Garfunkel en The Beatles sal opgevoer word en ’n volle simfonieorkes sal hulle op die verhoog begelei.

Demi Lee Moore en Elvis Blue sal ook vanjaar vir die eerste keer op die Classicsverhoog verskyn.

Elvis Blue (Foto: Stephen Elliott)

“Ek kan nie wag om vir die eerste keer deel van Classics te wees nie. Die kunstenaars wat deel is van hierdie produksie is die beste in wat hulle doen en dit is ’n voorreg om saam met hulle die verhoog te deel. Dit gaan een massiewe konsert wees,” het Demi Lee Moore vertel.

Elvis Blue het gesê hy baie opgewonde om van die grootste liedjies van alle tye te sing. Hy hoop dat mense op hul voete sal wees en saamsing aan die liedjies wat hulle so goed ken.

Classics vind op Saterdag 20 Julie 2019 by die Sun Arena in die Time Square in Pretoria plaas. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of Shoprite- en Checkers-winkels landwyd.

Wen

Twee gelukkige lesers kan elk ʼn dubbelkaartjie wen na vanjaar se Classics-konsert op 20 Julie by Time Square in Pretoria.

Vyf gelukkige lesers kan ook elk ʼn Classics 2018-CD-en-DVD-pakket wen.

Die kompetisie sluit Donderdag 30 Mei om 23:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Al weer dieselfde ·

Aggeneeee! Ek wil nie gratis kaartjies he net om alweer na dieselfde groep te gaan luister nie. Hulle is goed, maar wraggies dieselfde lys van sangers by elke byeenkoms. Classis is Groot, Afrikaans is groot en al die ander.
Daar is soveel ander kunstenaars wat dit meer verdien om op hierdie verhoe op te tree.

Andre C ·

As Demi Lee Moore en Steve Hofmeyer n duet gaan sing koop ek n ticket !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.