Wen: Sangers vat hande om hongerkrampe te demp

 Stophonger_kunstenaars.jpg

Van die sangers wat die verhoog gaan deel tydens Afrikaans is Groot (foto: Helpende Hand)

Promosie-artikel

Ons hier by Solidariteit Helpende Hand bars uit ons nate van opgewondenheid. Dit is eersdaags tyd vir die immergewilde Afrikaans is Groot-konserte in die Sun Arena by Time Square in Menlyn Main, Pretoria.

Nie net lê twee naweke propvol die beste Afrikaanse vermaak voor nie, maar dit dien ook as ’n geleentheid om die duisende konsertgangers en ander ondersteuners bewus te maak van hoe hulle ’n reuseverskil in meer as 8 000 hulpbehoewende Afrikaanse kleuters se lewe kan maak.

Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan dit net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie.

’n Onlangse studie oor hongersnood onder Afrikaanse kleuters is deur Helpende Hand by 52 kleuterskole gedoen. Die studie het bevind dat 85% van behoeftige kleuters ná ’n naweek honger by hulle kleuterskole opdaag terwyl 35% van die kleuters elke weeksoggend honger by die skool opdaag.

Hier is van die kommerwekkende syfers van die verslag (lees die volledige verslag hier):

  • 24% van die kleuters kry nie saans kos nie.
  • 31% van die kleuters het self bekendgemaak dat hulle nie saans eet nie.
  • Meer as 40% van dié kleuterskole kan dit nie bekostig om meer as een maaltyd te bied nie.
  • Kleuters verloor tot 8% van hulle liggaamsmassa as hulle nie op die voedingsprogram is nie.

Om dié redes het Helpende Hand en ’n hele paar toonaangewende sangers hande gevat om bewusmaking oor die hongersnood te skep en geld in te samel om ’n groot verskil in behoeftige kleuters se lewe te maak. Die #StopHonger-projek is daarvolgens van stapel gestuur om te sorg dat alle kleuters daagliks ’n bord gesonde kos kan inkry.

Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die #StopHonger-projek is Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, saam met jong Amira Willighagen van Holland. Hulle poog saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as die pragtige Tarryn Lamb, Monique Steyn, die gewilde Corlea, Dewald Wasserfall, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld en Riana Nel om honger stop te sit. Van dié sangers is te siene by Afrikaans is Groot 2018 in Pretoria en in 2019 in Kaapstad.

Om te verseker dat hierdie nagenoeg 8 000 kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand 1,5 miljoen etes ’n jaar voorsien.

Jy kan help sorg dat nie nóg ’n kind honger gaan slaap nie!

SMS die woord STOP na 38969 en skenk ’n bord kos vir ’n honger kleuter. Die SMS kos R10.

Besoek ook Stophonger.co.za waar jy meer oor dié projek van Helpende Hand te wete kan kom. Onderaan die webwerf is meer besonderhede oor die verskillende opsies van hoe jy hierdie projek kan ondersteun.

Kompetisie

Een gelukkige leser kan twee kaartjies na een van die vertonings in Pretoria wen. Maak bloot ’n R10-skenking soos bo gemeld en een skenker se nommer sal getrek word. Kompetisie sluit 16 November 2018. (Bepalings en voorwaardes geld.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.