Wen: Snotkop en vriende saam op een verhoog

Die gewilde popsanger, Snotkop, en vier van sy vriende in die Afrikaanse musiekbedryf, Juanita du Plessis, Jay du Plessis, Kurt Darren en die kletsrymer Early B, is vanjaar vir die eerste keer saam op die verhoog te sien in ʼn spesiale aanbieding getiteld Snotkop en Vriende.

Dié konsert, wat by die Sun Arena by die Times Square Casino in Menlyn gehou word, vind op Sondag 31 Maart om 13:00 plaas. Volgens Snotkop beloof dié unieke produksie om een groot partytjie te wees wat oud en jonk se voete gaan laat jeuk.

“Ons gaan almal saam die verhoog deel en ʼn paar interessante snitte lewer wat mense ons nog nooit vantevore sien saamdoen het nie,” het Snotkop onlangs aan Maroela Media gesê.

“Dit gaan ʼn baie energieke vertoning wees, met dansers, uitspattige kostuums en helder ligte. Dit gaan net ʼn jol wees!”

Hy het bygevoeg dat dit ʼn familiegeleentheid met ʼn groot verskeidenheid musiek is. “Dit is hoekom ons dit op ʼn Sondagmiddag aanbied, want ons wil graag hê ouma, ma, pa en kleinboet moet die vertoning saam met ons kom geniet. Baie van my vriende wat dié dag saam met my optree, het baie jong aanhangers en ek wou seker maak dat hulle dit ook kan bywoon.”

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos tussen R150 en R500.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die Snotkop en Vriende-vertoning, met Snotkop, Juanita du Plessis, Jay du Plessis, Kurt Darren en Early B, by die Sun Arena op 31 Maart. Die kompetisie sluit Maandag 25 Maart om 08:00.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.