Wen: Spoegwolf hou fees op Loftus Park

Die omslag van Spoegwolf se jongste album, Silwer. (Foto: Verskaf)

Die gewilde rockgroep Spoegwolf, die onafhanklike alternatiewe rockgroep uit die wynland van die Wes-Kaap, hou eersdaags ʼn fees in die kleine op Loftus Park.

Bekende kunstenaars soos Loufi, Lucinda, Deon Meiring, Corrazerwas en Nicola Mcleod sal ook by die Ruiters van die Kaap-fees te sien wees.

Die fees vind op Saterdag 4 Desember by Loftus Park in Pretoria plaas. Die groep se jongste album getiteld Silwer is in September vanjaar uitgereik.

Danie du Toit, die stem agter Spoegwolf, Moskou du Toit op die tromme, Albert van der Merwe, baskitaarspeler, en Chris von Wielligh, kitaarspeler, is die oorspronklike vier lede van die groep en beskryf hulself as ’n “broederskap”. Hiram Koopman het onlangs deel geword van hierdie broederskap en kleur die groep se musiek met die klanke van sy saksofoon.

Die Ruiters van die Kaap-fees, wat reeds in Oktober in Johannesburg en Mbombela (Nelspruit) aangebied is, is ’n intieme fees wat moontlik gemaak word deur Spoegwolf wat ’n handjievol kunstenaarsvriende nooi om die verhoog saam met hulle te deel.

Die hekke by Loftus Park maak om 10:00 oop en die vertoning begin om 11:00. Kaartjies kos R250 per persoon en is hier beskikbaar. Vir meer besonderhede besoek www.spoegwolf.com.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Spoegwolf se Ruiters van die Kaap-fees by Loftus Park op Saterdag 4 Desember. Beantwoord die vraag korrek en staan die kans om te wen. Die kompetisie sluit om middernag Donderdag 25 November.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Vyf deelnemers word lukraak as wenners aangewys.
  • Die organiseerders sal die kaartjies direk per e-pos na die wenners toe stuur en alle verdere navrae hanteer.
  • Elke wenner ontvang ‘n dubbelkaartjie om die Ruiters van die Kaap-fees by Loftus Park op Saterdag 4 Desember 2021 by te woon.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
  • Die pryse kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Wenners is self verantwoordlik vir enige koste om die geleentheid by te woon, soos reis, verblyf, etes en drinkgoed.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Maroela Media mag deelnemers kontak vir vrywillge ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.