Wen: Stap saam met Bobby en Karlien in hul skoene

Eers het die gewilde Afrikaanse sangers Karlien en Bobby van Jaarsveld VIA-kykers op reis in ander mense se skoene geneem om die harde werklikheid van minderbevoorregte mense se lewens te beleef.

Nou is hulle terug met hulle eie verhoogproduksie, In ons skoene, en hierdie keer kan aanhangers ʼn dieper blik in die lewe van dié twee uiters gewilde Afrikaanse sangers kry.

Die twee sangers sing hul eie liedjies in die produksie, maar sing ook ʼn paar weergawes van liedjies waarvoor hulle lief is. “Ons het liedjies gekies wat inpas by ons storie.”

Bobby en Karlien van Jaarsveld (Foto: Afrikaans is Groot)

Volgens Bobby laat hy homself by tye deur die vertoning en die gehoor lei oor hoeveel hy bereid is om te deel. “As mense uit die vertoning stap het hulle ʼn hele nuwe persepsie van ons en dis gewoonlik die teenoorgestelde van wat hulle gedink het. Ons het maar ʼn rowwe lewe gehad en dit was by tye bietjie moeilik. Ons wil net hê mense moet ons harte raaksien.”

Daar is, net soos met die eerste produksie wat in Maart vanjaar by Emporers Palace plaasgevind het, ʼn liefdadigheidselement aan die vertoning gekoppel. “Ons vra dat mense wat die vertoning bywoon vir ons van hulle ou skoene sal saambring.”

Karlien verduidelik dat dié skoene deur Hanna Grobler se liefdadigheidsorganisasie, Hanna Charity, aan minderbevoorregte mense uitgedeel word. “Hanna het kontak met ongelooflik baie minderbevoorregte mense, so sy weet waar die behoeftes is en sy neem die skoene van ons hande af en deel dit vir dié mense uit.”

Die produksie is hier te sien:

11 Augustus: Kunstekaap in Kaapstad. Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by Computicket.

27 September: Polokwane. Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by die Ocean Basket in die Savannah Mall.

3 Oktober: Rockwood-teater in Pretoria. Kaartjies is beskikbaar by die teater. Skakel 012 368 1555.

Wen

Drie gelukkige lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie te wen na een van die vertonings van In ons skoene deur Karlien en Bobby van Jaarsveld. Om te wen, vul die vorm in en beantwoord die vraag. Die kompetisie sluit op Vrydag 3 Augustus. Dui ook aan watter een van die drie vertonings jy sal wil bywoon.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ek het ook telke male probeer...stuur glad nie. Teleurstellend.... ·

Kan nie stuur nie. Meer as 10 x probeer!?

Phillip ·

Dagsê

Jammer vir die ongerief. Ons het egter u inskrywing ontvang.

Vriendelike groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.