Wen: Sterbehandeling by Classics saam met Elvis Blue

[WENNER] Gesina Retief was die gelukkige wenner van ʼn tafel vir tien by die Premier-geleentheid van Classics 2019 by die Sun Arena in Pretoria op 19 Julie waar sy en nege vriende soos behoorlike BBP’s behandel is! Gesina vertel die aand was ʼn onvergeetlike ervaring. “Dit was ‘n wonderlike geleentheid wat nie vir ons moontlik sou wees om te ervaar as dit nie vir Maroela Media en Elvis Blue was nie. Nogmaals baie dankie!”

Die skouspelagtige Classics-konsert vind weer vanjaar in Pretoria plaas en gehore kan uitsien na ʼn kragtoer van treffers uit verskillende genres en eras. Kunstenaars soos Tarryn Lamb, Corlea, Jannie Moolman, Monique Steyn en Demi Lee Moore sal vanjaar op die verhoog verskyn.

Musiek van Queen, A Star is Born, The Sound of Music, The Phantom of the Opera, Grease, Barbra Streisand, Céline Dion, Elvis Presley, Bruno Mars, Dolly Parton, Simon & Garfunkel en The Beatles sal opgevoer word en ’n volle simfonieorkes sal kunstenaars op die verhoog begelei.

Dit sal ook vanjaar die geliefde Afrikaanse sanger, Elvis Blue, se eerste keer op die Classics-verhoog wees.

“Ek het nog altyd op die kantlyn gestaan en kyk hoe die ouens by Classics ʼn lekker tyd het saam met ʼn groot orkes en van die grootste, wêreldklas‑treffers,” vertel Blue aan Maroela Media.

“Daarom is ek baie opgewonde dat ek hierdie jaar deel kan wees van die konsert en liedjies kan sing waarmee mense grootgeword het.”

Hy vertel wat die konsert vir hom só spesiaal maak, is die omvang daarvan. “Nie net sing ons van die grootste treffers van alle tye nie, maar ons doen dit ook op ʼn massiewe verhoog saam met ʼn ongelooflike orkes. Daar is omtrent 60 mense op die verhoog en jy kan dit werklik as skouspelagtig beskryf.”

Volgens Blue sal baie van die liedjies wat uitgevoer word, nostalgie by konsertgangers ontlok. “Ek is gek daaroor, dit is my kos. Die musiek sal herinneringe ontlok van toe jy in die 1980’s dalk êrens in jou kar gery het en ʼn liedjie oor die radio gehoor het of dalk toe jou meisie jou in jou matriekjaar gelos het,” lag hy.

“Dit is die enigste vertoning van sy soort in Suid-Afrika en dit is ook een van die groot redes waarom ek so graag deel daarvan wou wees en wat dit so spesiaal maak. Dit is min dat jy nog konserte kry op hierdie skaal met ʼn simfonieorkes en vervaardigers wat soveel uithaal om ʼn vertoning te laat gebeur.”

Hy voeg by dat die kunstenaars nie tydens Classics 2019 nuwe musiek aan gehore gaan verkoop nie. “Jy gaan elke liewe liedjie ken wat gespeel word en jy kan net agteroor sit en dit geniet.”

“Classics 2019 sal extravaganza ’n nuwe betekenis gee. Ons gaan die grootste musiekikone en liedjies van alle genres en eras eer,” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van Classics, gesê.

Wen: Elvis Blue en Maroela Media gee saam ʼn tafel vir tien weg vir die Premier-geleentheid van Classics 2019 by die Sun Arena in Pretoria op 19 Julie. Een gelukkige Maroela-leser en nege vriende kan soos behoorlike BBP’s om ʼn tafel Classics 2019 geniet. Daar sal wyn op die tafel wees en ’n verruklike driegangmaaltyd deur ʼn wêreldklassjef. Elvis Blue gaan ook vir elkeen aan die tafel een van sy splinternuwe Jou Huis-albums gee. Die kompetisie sluit Sondag 14 Julie om middernag. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.

Wen: Sterbehandeling by Classics saam met Elvis Blue

Elvis Blue en Maroela Media gee saam ʼn tafel vir tien weg vir die Premier-geleentheid van Classics 2019 by die Sun Arena in Pretoria op 19 Julie. Skryf hier in: https://maroelamedia.co.za/vermaak/musiek/wen-sterbehandeling-by-classics-saam-met-elvis-blue/?fbclid=IwAR22ndRJJsWUDg1jZSz7oduQPHPhIpDO3wFwduuusQpAf4oHbi2Cg0KyYsE

Posted by Maroela Media on Friday, July 5, 2019

Kyk die video hier as dit nie speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Morne Bindemann ·

Ai wens hulle kan hierdie konsert ook Kaapstad toe bring soos met AIG.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.