WEN: Touch of Class by Die Blou Hond-teater

touch of class

Ruhan du Toit en Deon van der Merwe van Touch of Class. (Foto: Verskaf)

Ruhan du Toit en Deon van der Merwe van die groep Touch of Class tree op 18 Januarie by Die Blou Hond-teater in Pretoria op.

Dié duo, wat gehore bekoor met hul weergawe van die Simon & Garfunkel-snit “The Sound of Silence”, het besluit om hul uitsonderlike talent saam te span en hul repertoire uit te brei.

Vandag spog hulle met ’n nuwe kontemporêre klank wat aanklank vind by jonk en oud. Deon se instrumentele vernuf en Ruhan se veelsydige vieroktaafstem is die perfekte pasmaats. Ná 12 albums saam vermaak hulle gehore met ’n verskeidenheid musiekgenres uit verskillende eras, wat wissel van country, klassieke rock, rock ’n’ roll en pop, tot klassieke musiek en blues.

WEN: Een gelukkige leser kan ’n dubbelkaartjie wen, met etes ingesluit, na Touch of Class se vertoning op 18 Januarie by Die Blou Hond-teater in Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Hoeveel albums het Ruhan en Deon al saam gemaak? Die kompetisie sluit Maandag 15 Januarie. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.