[Wen] Touch of Class spog met dubbelalbum

Touch of Class. Foto: Verskaf

Touch of Class. Foto: Verskaf

Die sanggroep Touch of Class, wat bestaan uit Deon van der Merwe en Ruhan du Toit, het onlangs hul nuwe dubbelalbum, 100 Duisend Perde, bekendgestel.

Touch of Class, wat voorheen vir 23 jaar bestaan het uit Deon en Ronell Erasmus, is bekend vir verskeie goue albums soos Bamboesbos, Stamp daai bene en Moenie worrie nie. Hulle was ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

Deon se kitaaralbums Kitaarboogie, Treffers van die Shadows, Crying guitar en ’n Huldeblyk aan Ricardo Bornman het hom ook as solo-kunstenaar gevestig nadat die albums goue status bereik het.  Hy het ook ’n Sama-toekenning verower vir die huldeblyk-album. Touch of Class het tot dusver 19 albums uitgereik.

Die groep, soos aanhangers hulle nou ken, het reeds 11 albums vrygestel waaronder Koffiefontein, Nostalgie, Lotzsa Smokie, en Stukkie van der Merwe 1.

Hulle het ook die reeks Salute the Legends saam met onder andere Demis Roussos, Joe Dolan en Gé Korsten gemaak.

Die eerste enkelsnit van 100 Duisend Perde, “Ek steek my hand op”, word later in April aan radiostasies landwyd uitgereik. Die album bestaan uit 33 nuwe liedjies.

Die groep sê dis veral die lirieke wat aanhangers sal beïndruk. “Ruhan vertolk die liedjies met hart en siel wat sorg vir ’n emosionele reis wanneer jy daarna luister. Die gewilde liedjies op die eerste CD is onder meer ‘Jou glimlag’, ‘Sal jy my stem kan hoor’ en ‘Liefdesbeker’ en hy gee lewe aan die musiek,” het hulle gesê.

Liedjieskrywers soos Rudi Claase, Arri Opperman, Chris Brits en Elben Schutte se musiek is ook te hoor op die album. Besoek die groep se Facebook-blad.

Let wel – Die kompetisie is nou gesluit: Vyf gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies na Touch of Class se CD-bekendstelling op 30 April by Weiveld in Pretoria wen. Stuur jou naam, van, kontakbesonderhede en woonadres en die antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Wat is die naam van Touch of Class se eerste enkelsnit op die album 100 Duisend Perde? Die kompetisie sluit op 22 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sannie ·

Was nou die dag by n plek en hul daar gesing..wow ek moet se hul kan maar !!

ERIKA ·

Goeie dag,
Ek het al vir verskeie kompetiesies ingeskryf via e-pos/MAROELA MEDIA.
Elke keer kry ek die volgende e-pos terug: “The e-mail address couldn’t be found”
Help asb!!

Landi Slatter ·

Dagsê ERIKA

Dankie vir jou navraag. Maak asseblief seker dat jy die regte e-posadres naamlik [email protected] gebruik dan behoort dit nie weer te gebeur nie. Laat weet gerus as dit steeds nie werk nie.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Erika ·

Goeie dag Landi,

Yip, die e-pos adres is reg getik – ek dink dit is dalk ons Anit-virus wat die e-pos blok.
Lekker dag

Erika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.