[WEN]: TWEE by die Blou Hond-teater

twee-afrivisie

Herman en Maria van TWEE. Foto: TWEE Facebook-blad.

Die wenners van die 2015 kykNET Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie, TWEE, is eersdaags weer te sien by die Blou Hond-teater in Pretoria.

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, het mekaar drie jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddellik besef dat hul talente saam die landskap van Afrikaanse musiek kon verander. TWEE het ontstaan in 2014 en ná die wegholsukses van hul Afri-Visie-wenliedjie, “Ek sweer”, is “Piekniek vir twee” die opvolg waarvoor hul aanhangers gewag het.

WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van TWEE, met etes ingesluit, Donderdag 20 April by die Blou Hond-teater in Darlingtonweg, Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Waar het Herman en Maria ontmoet? Die kompetisie sluit Vrydag 14 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.