Die wenners van die 2015 kykNET Afri-Visie-liedjieskryfkompetisie, TWEE, is eersdaags weer te sien by die Blou Hond-teater in Pretoria.
Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers, het mekaar drie jaar gelede in Kaapstad ontmoet en onmiddellik besef dat hul talente saam die landskap van Afrikaanse musiek kon verander. TWEE het ontstaan in 2014 en ná die wegholsukses van hul Afri-Visie-wenliedjie, “Ek sweer”, is “Piekniek vir twee” die opvolg waarvoor hul aanhangers gewag het.
WEN: Een leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning van TWEE, met etes ingesluit, Donderdag 20 April by die Blou Hond-teater in Darlingtonweg, Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Waar het Herman en Maria ontmoet? Die kompetisie sluit Vrydag 14 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.