Wen: Vier Moedersdag saam met Joshua na die Reën

Jacques de Villiers, bekend as Joshua na die Reën, se splinternuwe album, Someraarde, is onlangs bekendgestel. Dit is sy derde vollengte-album en bestaan uit 11 oorspronklike snitte uit dié begaafde musikant se pen.

Dié bekroonde kunstenaar bekoor reeds sedert 2014 Afrikaanse musiekliefhebbers met die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, en eerskomende Sondag, 12 Mei, is hy by die Blou Hond-teater in Pretoria te sien.

Hy word tydens dié spesiale Moedersdag-aanbieding gesien saam met die begaafde sangeres Lizandra Winter wat onlangs saam met hom en ʼn rits ander musikante soos Kaleidoskoop, Liani Reynolds, Len Muller en Leon Gropp deel van die Musiek soos Grond-projek was.

Die program begin Sondag reeds om 11:30, waarna middagete om 12:00 bedien sal word. Winter tree om 13:00 op waarna Joshua na die Reën om 14:00 die verhoog sal betree.

Wen

Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie na die Moedersdag-vertoning van Joshua na die Reën by die Blou Hond-teater wen. Dit sluit buffetetes in. Die kompetisie sluit Vrydag 10 Mei om 10:00. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.