Wen: ‘Voice of the Violin’ in die Brooklyn-teater

voice of the violin

Evert van Niekerk. (Foto: Verskaf)

Evert van Niekerk is ʼn violis met ʼn lied in die hart. Sy uiteenlopende ervaring in klassieke musiek maak dat baie ligtemusiekkunstenaars gretig is om hom in te sluit by opnames en konserte.

Van Niekerk is die violis wat in verskeie van Salon Music se CD’s soos Café Society, Trumpet Dreams en Viennese Violin opgetree het.

Nou is hy te sien in Voice of the Violin, ʼn vermaaklike program met liedere, ballades, opera-arias en musiek wat gesing kan word, maar hier op die viool uitgevoer word.

Willem Vogel is verantwoordelik vir al die musiekverwerkings vir die Salon Music-ensemble wat saam met Van Niekerk optree.

Die aanbieding is op Saterdag 14 April en Sondag 15 April in die Brooklyn-teater te sien. Kaartjies kos tussen R120 en R180 en is beskikbaar by die teater (012 460 6033).

WEN: Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Voice of the Violin op Saterdag 14 April en Sondag 15 April in die Brooklyn-teater in Pretoria. Om in te skryf, stuur jou naam, van, kontaknommer, woonadres en antwoord na [email protected], en beantwoord die volgende vraag: Wie is die violis in dié produksie? Die kompetisie sluit Vrydag 13 April. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie is nou gesluit. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.