Wen: Wonderboom by Silverstar Casino

Aanhangers van die Suid-Afrikaanse rockgroep Wonderboom het die geleentheid om dié gewilde groep in aksie te sien wanneer hulle op 6 September by die Barnyard Teater by die Silverstar Casino in Krugersdorp optree met hul vertoning getiteld The Best Side Story.

Die groep, wat al vir 22 jaar gehore gaande het met treffers soos “Charlie”, “Johnny is nie dood nie” en “Shadows”, het ook vroeër vandeesmaand bekendgemaak dat hulle saam met die Amerikaanse rockgroep Guns N’ Roses sal optree tydens hul Suid-Afrikaanse been van die Not In This Lifetime-toer.

Wonderboom, onder leiding van die voorsanger Martin ‘Cito’ Otto, het altesaam nege albums vrygestel. Die groep het drie keer van tromspeler verwissel en is vir ʼn legio musiektoekennings benoem.

“Ons is nou gereed om ons kleurryke geskiedenis met Suid-Afrika te deel,” het die manne van die groep laat hoor.

“Die The Best Side Story-konsert is ʼn intieme, akoestiese vertoning waar ons stories vertel gaan word. Die vertoning beloof om aanhangers op ʼn vermaaklike reis van liefde, ontspanning en lawwe situasies te neem – die hoogte- en laagtepunte van om op die pad, in die ateljee en buite beheer te wees.”

Die kaartjies kos R150 per persoon en is hier beskikbaar.

Wen

Vier gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na Wonderboom se The Best Side Story-vertoning. Om te wen, vul die vorm in en beantwoord die vraag. Die kompetisie sluit op Dinsdag 4 September.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.