Wenners van Pretoria Buitelug Ekspo en Fees-kaartjies aangewys

Dié veelsydige fees beloof pret en vermaak vir die hele gesin. (Foto: Verskaf)

Vier gelukkige gesinne of groep vriende gaan die naweek gratis hul feesskoene by die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees uitskop.

Benita Peens, Veronica Kapp, Alida Jacobs en Ansie Muller het elkeen ʼn dagbesoekerskaartjie vir ʼn gesin van vier na dié unieke fees, wat van 22 tot 24 April deur kykNET, MTN, Pretoria FM, Maroela Media en die Water Pump‑groep by die Legends MX-avontuurplaas aangebied word, gewen.

Die kompetisie het op 17 April om middernag gesluit.

Dié fees spog vanjaar met ʼn ongelooflike buitelug-uitstalling wat feesgangers die geleentheid bied om onder meer die nuutste luukse woonwaens, waterponies, jagtoerusting, sonpanele, elektriese motorfietse en vele meer te besigtig.

Stalletjie-liefhebbers kan enigiets van die beste tuisgemaakte brandsous tot mooi kunswerk vir daardie kaal kol teen die eetkamermuur aankoop, en vir die groenvingers is daar meer as 100 000 vetplante en 40 000 proteas, asook ʼn verskeidenheid van tuingereedskap om van te kies.

Lede van die publiek kan steeds hier kaartjies bespreek of die fees-webwerf besoek vir meer inligting. Lees ook meer oor dié fees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.