Wêreldbekerkoors op Afrikaanse Top-20

Robbie Wessels en Appel in “Staan saam” (Foto: Skermgreep uit die musiekvideo)

Met die Wêreldbeker-rugbytoernooi om die draai is daar reeds so ʼn paar kunstenaars wat begin munt slaan uit dié sportgebeurtenis. Early B en Justin Vega se “Back die Bokke” betree dié week se Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no.  18-posisie.

As jy mooi luister sal jy hoor dit is eintlik net ’n verwerkte weergawe van sy liedjie “Potte”.

Robbie Wessels en Appel maak ook dié week hul toetrede tot die Top-20 met “Staan saam”. Dié liedjie sou aanvanklik verlede jaar bekendgestel geword het, maar daar is besluit om dit eerder vanjaar bekend te stel. Robbie Wessels en Steve Hofmeyr sou oorspronklik die liedjie saam gedoen het.

Dirk van der Westhuizen in “Lusmakertjie” (Foto: Skermgreep uit video)

Dié week maak Dirk van der Westhuizen ook sy toetrede tot die Top-20 met “Lusmakertjie”. Van der Westhuizen het met die uitreik van dié liedjie gesê dit is ʼn tong-in-die-kies liedjie wat “ʼn bietjie stout, maar ook soet is”. Die musiekvideo van “Lusmakertjie” is op die stel van die bekende kykNET-sepie Getroud met rugby geskiet en twee van dié sepie se akteurs is ook daarin te sien.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat klim, 11 wat daal, een wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat vir hulle ʼn plekkie op die ranglys opraap.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  3. Elandré – “Tussen die lakens”
  4. Janie Bay – “Amper daar”
  5. Christia Visser – “17 Shots”
  6. Elandré – “Vuur op die water”
  7. Dewald Wasserfall – “So sterk soos ’n vrou”
  8. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  9. Willem Botha – “Een shot”
  10. Jo Black – “Bitter”
  11. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  12. Biggy – “Dames”
  13. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  14. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  15. Jo Black – “Voel jy die genade”
  16. Fatman – “SOS”
  17. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  18. Early B ft Justin Vega – “Back die Bokke”
  19. Stella – “Skree”
  20. Dirk van der Westhuizen – “Lusmakertjie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sweis ·

Ek hoop daar is n song vir die kampioene die All blacks ook maar hulle sing nie hulle speel rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.