When his whistle blows

Marcato

Twee jong talentvolle kunstenaars van Pretoria, Pieter Smit en Ben van Zyl, snoer hul talente saam op hierdie indrukwekkende tweetalige album. Marcato, ‘n musikale term en Italiaanse woord vir ‘klem op note’, beskryf hul musiek as “akoestiese folk”. “Ons sing ‘n bietjie oor die liefde en meer oor die lewe,” verduidelik Ben. “En dan natuurlik ook die paaie wat jy stap, drome, verskillende scenario’s tot cowboys.”

Ben en Pieter het albei saam-saam die liedjies geskryf en die gesoute musikant Wouter van de Venter het ook hand bygesit met ‘n hele paar liedjies. Hulle het albei drie jaar gelede saam in ‘n band, Evelyn, wat uit vyf lede bestaan het, gespeel. Die twee jong manne se paadjies het gekruis toe hulle klankingenieurswese in Pretoria gestudeer het. “Evelyn het so twee jaar gelede ontbind en ek en Pieter het toe ‘n jaar en ‘n half gelede besluit om ‘n duo Marcato te stig.” Wouter het die twee knap musikante tydens ‘n musiekfees op Hartbeespoortdam hoor speel en besluit om hulle onder sy “vlerk” te neem.

Marcato het intussen by Aardklop en by verskeie musiek-venues in Pretoria waaronder Firkin, O’Hagans, Celtis Ridge en Café Barcelona gehore met hul akoestiese folk musiek vermaak. “Dit is verbasend hoe die folk-mark weer besig is om op te tel. Baie van die mense in ons gehoor kom na ‘n show en vertel vir ons hoe lekker dit is om vir ‘n verandering real musiek te hoor,” vertel Pieter. Albei sangers is knap kitaarspelers en Ben speel ook mondfluitjie.
Pieter se musiekinvloede wissel van Foo Fighters, Queen, Bob Dylan, Bon Iver en Ray Lamontagne. Ben luister ook graag na Bob Dylan, Queen, Ray Lamontagne en Coldplay. Hy het ook groot waardering vir Chris Chameleon se talent.
Die twee is baie opgewonde oor ons plaaslike talent en sonder ook Christof Kotze, Vana and the O So Serious Folk Collective, die Tuin Dwergies en F*k*f Polisiekar uit.

Marcato – When The Whistle Blows bevat dertien akoestiese folk-ballades wat beslis in ‘n baie breë gehoor se smaak sal val. David Klassen (perkussie) het ook op die album gespeel en Wouter is die musiekregisseur.

Speellys

  1. I wanna know
  2. 100 000 keer
  3. Dabgreek
  4. Open road
  5. Nostalgic Rhymes
  6. When his whistle blows
  7. Journey
  8. Onsekerheid
  9. Finding the pieces
  10. Every morning
  11. Far beyond the sea
  12. Fly away
  13. Wat ek het

http://youtu.be/Fg393ZLPTSA

Meer oor die liedjies op die album:

I wanna know
Die liedjie gaan oor ‘n meisie wat almal wil hê, maar haar gedrag is nie na wense nie en sy is nie ‘n troumeisie nie.

100 000 keer
‘n Gulde geleentheid is na die maan….

Dagbreek
“Ek sê herhaaldelik, val in jou spore, ek moet my droom gaan uitleef…”

Open Road
Jy is op ‘n oop pad en los als agter…en verlang

Nostalgic Rhymes
Lang vergete vriende….lang vergete tye

When his whistle blows
Hoekom gaan leiers nie oorlog toe nie…hulle stuur altyd die jongmense en die armes….

Journey
Ek gaan baie ver van hier waar ek vir ‘n lang tyd was….

Onsekerheid
Wat help dit as jy nie in jouself glo nie, die lewe stap aan en aan…

Finding the pieces
Om als weer bymekaar te sit…

Every morning
Ek spandeer my hele lewe deur vir jou te wag…

Far beyond the sea
Om als te waardeer wat jy het.

Fly away
Vlieg weg vanaand – ver weg van al die mense en die stadsliggies

Wat ek het
Geen probleme wat ons pla nie, geen laste om te dra, als by my wat ek benodig, als wat ek by my wil hê

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.