Wicus van der Merwe vermaak by die Ou Meul

Wicus-van-der-Merwe

Wicus van der Merwe is Vrydag 30 Januarie by die Ou Meulteater te sien. Foto: Verskaf.

Die komediant, Wicus van der Merwe, is een van die min Suid-Afrikaanse kunstenaars wat sang, die kuns van stories vertel en komedie saam verweef in ʼn vertoning waar die gehore aan sy lippe hang.

Wicus het al ses albums uitgereik en twee DVD’s waarvan vier al goue status bereik het. Twee het ʼn Suid-Afrikaanse musiektoekenning (SAMA) benoeming gekry en hy het ook al ʼn Tempo-toekenning vir beste komedie album ontvang. Sy nuutste album, Popster, is onlangs vrygestel en hierdie nuwe toevoeging is die kroon op sy 12 jaar lange loopbaan. Verder is hy ook die aanbieder van gewilde kykNET televisieprogramme soos Opskop en Jou Show.

Die sanger, komediant en TV-aanbieder is Vrydag 30 Januarie by die Ou Meulteater in die Paarl te sien, en dit beloof om ʼn aand van lekker lag, ontspan en genot te wees. Moet dit nie misloop nie.

Kaartjies kan bespreek word by Vicky Stemmet by 083 564 0056 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]. Besoek die Ou Meulteater se webwerf vir ‘n volledige teaterprogram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.