Willem Botha betree Top‑20 met nuwe enkelsnit

Willem Botha se eerste nuwe enkelsnit in bykans twee jaar, “Een shot”, is pas bekendgestel en hy het sommer klaar sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top‑20 gemaak. “Een shot” beklee vandeesweek die nommer 17‑posisie.

Botha het onlangs op sy Facebook-blad oor dié nuwe enkelsnit gesê: “Na meer as 14 jaar in die bedryf, is ek steeds net so senuweeagtig, maar ook net so opgewonde elke keer as ek nuwe musiek vrystel! Dit bly ’n massiewe voorreg!”

Ricus Nel en Snotkop behou hul nommer 1‑posisie vir die sesde agtereenvolgende week met “Boerepompie”, terwyl Elandré se “Tussen die lakens” weereens net ʼn kortkop agter is. Janie Bay se “Amper daar” het drie plekke geklim om dié week die derde posisie te beklee.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top‑20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal en vier wat onveranderd bly.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – Boerepompie
  2. Elandré – Tussen die lakens
  3. Janie Bay – Amper daar
  4. Riana Nel – Hou die hemel oop
  5. Elandré – Vuur op die water
  6. Christia Visser – 17 Shots
  7. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis
  8. Dewald Wasserfall – Elektrisiteit
  9. Jo Black – “Bitter”
  10. Theuns Jordaan – Praat is te laat
  11. Biggy – Dames
  12. Dewald Wasserfall – So sterk soos ’n vrou
  13. Demi Lee Moore – Mis eet slaap herhaal
  14. Jo Black – “Voel jy die genade
  15. Fatman – SOS
  16. Tarryn Lamb – Geheueverlies
  17. Willem Botha – Een shot
  18. 4 Werke – Bietjie meer van jou
  19. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – Potte
  20. Stella – Skree

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.